Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Tekens dat my tiener depressie het

Tekens van depressie in kinders en tieners

Om te verstaan hoe om die tekens van depressie in kinders raak te sien, moet jy weet dat depressie in tieners ‘n werklikheid is.

Dit is inderwaarheid ’n ernstige saak. Dit het groot emosionele, funksionele en fisiese probleme tot gevolg. Wanneer ’n tiener elke dag minstens vyf van die tipiese depressiesimptome intens ervaar, en dit 14 dae of langer voortduur, dui dit op meer as bloot ‘tipiese tiener-buierigheid’.

Wat veroorsaak depressie by tieners?

Verskeie faktore span saam om depressie by tieners te veroorsaak: Daar is die kind se brein-chemie wat verander; die veranderings wat hormone in die tiener se lyf teweeg bring; vroeë trauma in die kind se lewe; sekere aangeleerde negatiewe denkpatrone.

Voeg hierby spesifieke probleme in ’n bepaalde kind se lewe: skoolwerk, ’n negatiewe selfbeeld, sosiale probleme wat die portuurgroep betref, die misbruik van sekere middels, asook moeilike omstandighede by die huis. Dit alles kan depressie in jou kind veroorsaak. Juis daarom is dit belangrik om die tekens van depressie in kinders te herken.

Tekens van depressie in tieners en kinders

Ouers moet op die uitkyk wees vir ’n verswakking in die kind se gemoedstoestand en gedrag, byvoorbeeld probleme met slaap, eetlus en energie. Die kind kan dalk swakker akademies presteer.

Kinders wat aan depressie ly, gee ook minder aandag aan hulle persoonlike higiëne en voorkoms. Hulle het woede-uitbarstings en doen soms riskante dinge. Sulke kinders is ook geneig om hulleself seer te maak deur hulle vel byvoorbeeld te sny of te brand.

Volgens die Child Mind Institute kom ouers gewoonlik agter iets is fout wanneer hulle kind onttrek of wanneer die kind ophou om dinge te doen waarvoor hy/sy lief is.

As een van die bogenoemde simptome teenwoordig is, kan jou kind moontlik aan depressie ly.

Tekens van depressie in kinders: emosionele rooi ligte

Emosionele tekens van depressie is wanneer jou kind ‘n verandering toon in emosionele gedrag. Dit is een van die grootste tekens van depressie in kinders. Volgens Mayo Clinic sluit dit die volgende in.

13 Tekens of simptome van depressie:

  • Hartseer gevoelens wat dikwels huil insluit en geen voor die hand liggende oorsaak het nie.
  • Frustrasie of woede, selfs oor klein dingetjies.
  • ‘n Gevoel van hopeloosheid of leegheid.
  • Hoë irritasievlakke en gereeld vies.
  • Verloor belangstelling in dinge wat voorheen ‘n plesier was.
  • Verloor belangstelling in familie en vriende en is gereeld in konflik met hulle.
  • Swak selfbeeld.
  • Voel waardeloos of skuldig.
  • Haak vas by foute van die verlede of is erg selfkrities.
  • Ekstreme sensitiwiteit teenoor verwerping of mislukking, en het gereeld oormatige gerusstelling nodig.
  • Swak konsentrasie en geheue, besluiteloosheid. 
  • ‘n Gedurige gevoel dat die lewe en die toekoms geen positiwiteit inhou nie.
  • Gedurige gedagtes oor die dood of selfdood.

Hoe lank die tekens van depressie teenwoordig is, maak saak

Aangesien tienerwees met ’n warboel emosies gepaard gaan, mag dit vir ouers moeilik wees om te weet of hul kind bloot ’n “emosionele” tiener is, en of hy of sy werklik depressie het.

Hugo Theron, ’n kliniese sielkundige in Bellville, sê daar is drie dinge waarvoor ouers op die uitkyk moet wees:

  • die erns van ’n verswakking in die kind se gemoedstoestand en gedrag, soos die simptome hierbo gelys;
  • hoe lank hierdie ernstige agteruitgang al teenwoordig is;
  • op watter gebiede in ’n tiener se lewe dié ernstige agteruitgang teenwoordig is, byvoorbeeld tuis en by die skool en tussen vriende.

Ouers moet dus op die uitkyk wees en vroeër eerder as later ingryp. Lees ook ons artikel, Hoe help ek my tiener met depressie?

Wenke vir tieners met depressie

Hier is wenke vir jou tienerkind wat jy gerus kan uitdruk en met hom of haar kan deel, of selfs op die yskas plak waar dit gelees kan word.

Wees voorbereid vir wanneer jou gevoelens buite beheer begin raak. Johan Laten, ’n kampvegter vir tieners wat aan depressie ly, het ’n klompie idees oor dinge om te doen om jou beter te laat voel.

  • Skryf kort, positiewe sinne oor jouself.
  • Doen aanlyn ontspanningsoefeninge.
  • Leer korrekte asemhalingstegnieke aan.
  • Raak kreatief: skilder; maak plakboeke (“scrapbooking”); dans; kook – al dink jy dalk jy kan nie!
  • Fokus op dit wat nóú gebeur (“mindfulness”).
  • Druk foto’s uit wat goeie herinneringe inhou en plak dit teen jou kamermuur.
  • Kyk komedies en lag hard.
  • Doen iets spesiaals vir iemand anders.
  • Luister musiek; maak self musiek; sing.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF