Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Verhouding met vriende, God en onsself

Oor verhouding met vriende het die dissipels Jesus op ‘n keer gepols. Sy antwoord was dat ons God moet liefhê met alles wat ons het en is, en dat ons ons naaste moet liefhê soos ons onsself liefhet. Dié veelseggende antwoord het drie belangrike verhoudings op die oog: dié met ons Skepper, dié met onsself en dié met ander. En dit bied volop stof tot nadenke.

My verhouding met God

Dalk is hierdie tyd van die jaar die ideale seisoen om onsself weer af te vra wie God is. Om nogmaals stil te staan by die wese daar­van, naamlik sy liefde vir alles en almal. Dié liefde is bevrydend en vertroostend. Dis sag, dit nooi uit, dis medisyne. Dit vra nie baie vrae nie, dit stel nie eise nie, dit skep ruimte.

God se liefde bied aan ons die ruimte om onsself te wees omdat Hy ons sien soos ons werklik is. Hierdie dieptepunt is die onuitputlike bron van lewe.

Kom! Kom drink van hierdie water wat lewe gee!

My verhouding met myself

Baie mense kan baie redes verskaf waarom hulle nie ’n goeie verhouding met hulleself het nie. In die meeste gevalle mond die gebeure in ons vormingsjare uit in ’n selfbeeld. En hierdie selfbeeld is op ’n kontinuum geleë – van goed en gesond na minder goed en ongesond.

Kenners reken wel dat dit nie in sement gegiet is nie, maar van vorm kan verander. Dit geskied deur ’n singewing-proses. Dit beteken nie dat ons noodwendig sin vind in, byvoorbeeld, traumatiese gebeure nie, maar dat ons sin kan maak van waar ons nou is, en van die impak wat bepaalde gebeure op ons gemaak het.

Ten einde dié soort groei te kan fasiliteer, het ons mederei­sigers nodig. Ons het sterk en gesonde verhouding met vriende nodig.

My verhouding met vriende en ander mense

Wanneer ons genoeg van onsself hou, en op ’n opregte en ge­balanseerde wyse vir onsself lief is, word dit vir ons moontlik om vir ander lief te wees. Want dan word ek nie so maklik bedreig nie, is ek nie bang vir ander mense en hul bekwaamhede en uniekheid nie, en hoef ek nie my ware self weg te steek nie.

En omdat ek eerlik is met myself en, byvoorbeeld, kan erken dat ek ook tekortkominge het en foute maak, beskik ek oor ruimte vir ander se leemtes.

Hierdie manier van leef-saam-met-ander is waarskynlik die belangrikste boublok vir ’n gelukkige en vervulde lewe.

Lees ook ons artikel oor vrienskapaanhalings.

Hierdie artikel is deur Rudi Swanepoel geskryf.

Geborg
Geborg
Geborg

Getuig saam met LiG

Geloof, hoop, getuienis – Ondersteun LiG vandag en word deel van die getuienis…

Vertel my meer

Skep getuienisse saam

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►