Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Wat is selfdissipline?

Wat is selfdissipline

Wanneer ons vra wat is selfdissipline, dink baie mense dadelik aan streng reëls en harde werk. Maar eintlik beteken selfdissipline die vermoë om jou gedagtes, emosies en optrede te beheer sodat jy jou doelwitte kan bereik. Selfs wanneer jy nie lus voel nie. Selfdissipline is selbeheersing, en dit help jou om konsekwent te wees en nie deur allerlei versoekings gestuit te word nie.

’n Bekende studie oor selfdissipline, die “Marshmallow Test”, het gewys dat kinders wat langer kon wag om ’n malvalekker te eet, later in die lewe beter gesondheidsuitkomste en groter akademiese sukses gehad het.

Hoekom is selfdissipline belangrik?

Wat is selfdissipline en waarom is dit belangrik? Dis verrassend om te weet dat selfbeheersing byna elke deel van die lewe beïnvloed:

  • In jou werk: Mense met selfdissipline bereik hul sperdatums en bou ’n betroubare reputasie.
  • In jou gesondheid: Selfdissipline help jou om gesonder te eet, genoeg te slaap en gereeld te oefen.
  • In jou geloofslewe: Dis selfdissipline wat jou getrou laat bid, Bybel lees en jou waardes uitleef, selfs in moeilike tye.

Volgens dr Roy Baumeister, ’n sielkundige wat baie oor wilskrag geskryf het, is selfdissipline een van die sterkste voorspellers van sukses. Selfs meer as intelligensie

Selfdissipline en sukses

Navorsing wys dat mense wat selfdissipline het, geneig is om meer suksesvol te wees – nie net professioneel nie, maar ook in hul persoonlike en gesinslewe. Hulle stel langtermyn-doelwitte en hou daarby. Hulle bou verhoudings wat op vertroue en stabiliteit gebaseer is.

Prakties beteken dit dat iemand wat selfdissipline het, nie maklik opgee nie, selfs as daar struikelblokke kom. Byvoorbeeld, ’n ma wat haar kinders moet dissiplineer, sal op ‘n beheersde manier vir hulle teregwys. En dit dan elke dag doen, toegewyd en geduldig.

Wat sê die Bybel oor selfdissipline?

Die Bybel leer ons dat selfdissipline deel is van ’n lewe van geloof.

  • 2 Timoteus 1:7: “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” Hier sien ons dat selfbeheersing, oftewel selfdissipline ’n gawe van God is wat ons kan help om sterk te staan.
  • Spreuke 25:28: “Soos ’n stad waarvan die muur afgebreek is, so is ’n man wat homself nie kan beheers nie.” Sonder selfdissipline is ons kwesbaar, soos ’n stad sonder beskerming.

Hierdie verse wys dat selfdissipline nie net ’n menslike vaardigheid is nie, maar ’n geestelike kwaliteit wat God in ons lewens kan vestig.

Wanneer jy jouself afvra wat is selfdissipline, onthou dat dit die sleutel is tot sukses, stabiliteit en geestelike groei. Dit is nie maklik nie, maar dit is moontlik – met oefening, volharding en God se leiding.

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF