Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Agter die skerms: Níks kon Donnalee se glimlag keer

Reën, koue, ’n parkeertekort in Clifton of selfs ’n migraine kon nie ’n stokkie voor ’n suksesvolle November-voorbladsessie met Donnalee Roberts steek nie.

Foto\’s: LiG-span

Sy vertel dat sy vir altyd verander is ná die geboorte van haar en haar man Ivan Botha se klein Cameron. En sy het omtrent geblom in haar vloeiende uitrustings op die strand – kaalvoet en onopgesmuk.

“Die hele dag was met joy, liefde en omgee gevul,” het Donnalee na die fotosessie vertel.

 

Donnalee se vriendin, die grimeerkunstenaar Alicia Buckle, het die ekstra myl gestap. “Alicia het eiehandig die reën vanaf my hare probeer hou,” het Donnalee na die tyd gelag.

 

Die bekende ontwerper Lena Lisa het dié rok spesiaal vir Donnalee vir die fotosessie ontwerp en gemaak.

 

Selfs nadat Donnalee \’n migraine ontwikkel het, het sy steeds professioneel en vriendelik bly glimlag.

 

Die kreatiewe LiG-span saam met Donnalee op ’n strand in Clifton.
  • Hou https://www.facebook.com/LIGtydskrif en @ligtydskrif op Instagram vir video\’s en nog pragtige foto\’s van Donnalee dop. Die November-uitgawe is 16 Oktober op winkelrakke.
Geborg
Geborg
Geborg

Getuig saam met LiG

Geloof, hoop, getuienis – Ondersteun LiG vandag en word deel van die getuienis…

Vertel my meer

Skep getuienisse saam

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►