Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Aletté Winckler oor die ‘gevoel van volheid’ wat ma-wees bring

Alette en baba

Met Moedersdag is alle ma’s en oumas regoor die wêreld gevier. LiG het aan ons voorbladma Aletté-Johanni Winckler drie vrae oor moederskap gevra.

DEUR JACOBIE M HELENA

Wat waardeer jy die meeste van moederskap?

As ek een ding moet uitsonder is dit beslis die companionship wat ma-wees bring. Ons kinders maak ons huis met klanke, ’n gelag en grappies vol. Dis so lekker dat die seuns nou begin ouer word en dat hulle kan verstaan wat jy bedoel as jy praat. Hulle kan terug grappies maak en puns verstaan. Ek dink as ons kinders weg van die huis is sien mens so uit na die rustigheid, maar dan weet ek en Heinz eintlik nie wat om sonder hulle te doen nie. Opsommend dink ek die gevoel van volheid wat hulle vir jou gee. 

Alette en baba
Aletté Winckler het net voor haar 40ste verjaarsdag vir die vierde keer ma geword van haar eerste dogtertjie. Foto: Salomien Smal

Watter tipe ma is jy?

Ek is ’n ma wat organiseer. Ek sort hulle uit. Ek is nie noodwendig die een wat als self doen nie, maar ek sorg dat dit gedoen word. Ek reël. Dis my persoonlikheidstipe. Ek is nie ’n gee-my-hele-lewe-op ma wat alles vir my kinders doen nie. Ek weet wat my kinders se behoeftes is en ek sal sorg dat dit vervul word op watter manier ook al.

Wat is die grootste les van moederskap wat jy by jou eie ma geleer het? 

Beslis dat jy vir jou kinders elke dag moet bid. My ma en my pa bid elke dag vir elke kind en kleinkind. En ek belowe julle as dit nie vir daardie gebede was nie dan weet ek nie wat ons sou gedoen het nie. En of jou kinders nog in jou huis bly of uit die huis is, is dit baie belangrik om te onthou dat die oorlog aan die gang is en daarom móét ons elke dag vir ons kinders bid.

Klein Alannah Elize het onlangs haar opwagting gemaak. Volgens Heinz, haar bekende pa, bring sy rustigheid en vrede in hulle huis. Foto: Salomien Smal

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF