Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Alicia Buckle: \’Die plekkie waar daar ’n babatjie moet wees, is donker…\’

Foto: Inecke Photography

Bekende grimeerkunstenaar Alicia Buckle het onlangs verlies in haar lewe beleef, maar getuig van God se groot genade in haar en haar gesin se lewe.


Lees nog getuienisse hier.


Hierdie laaste paar weke was definitief van die moeilikste nóg. Na nege wonderlike wekies van die mooiste drome droom en lekkerste lugkastele bou, het ons ons babatjie verloor. 

Alicia en haar man, Pieter. Foto: Inecke Photography

 

 

Ek het altyd so maklik vir iemand wat deur ’n miskraam gaan, gesê: “Toemaar, julle sal sommer baie gou weer ’n babatjie hê.”

Maar ek het nooit besef hoe erg dit is nie. Daardie gevoel as jy na die skerm kyk en die plekkie waar daar ’n babatjie moet wees, is donker. Om terug te gaan huis toe, waar die seuntjies wag vir ’n foto van hulle sussie (hulle het vas geglo hulle gaan ’n babasussie kry).

Dit was moeilik om sterk te wees en te verduidelik dat ons baba net vir ’n tydjie terug na Jesus toe is. Ons het vir ons seuns gesê dat Jesus maar net besig was om haar nóg mooier te maak, met lang wimpers en sagte haartjies, en dat Hy besig was om die legkaart net nog meer perfek te vorm, voor hy haar weer sou terug stuur na ons. 

Dit is hierdie woorde wat my vreeslik gehelp het in daardie tyd. En veral om te weet dat Jesus saam met ons hartseer was.

’n Hartsvriendin het vir my gesê dat trane wat nou val, nie op die grond val nie, maar op ’n spesiale plek, om ander vroue wat hulle babatjies verloor het, te kan help. Sodat ek regtig kan besef waardeur hulle gaan. Dit is tog nog altyd my grootste wens om vrouens te help en te inspireer.

Die Buckle-gesin. Foto: Inecke Photography

In hierdie tyd kry my man ’n droom waar ons dokter toe gaan en op die scan is ’n gesonde, heldergroen blaartjie. Ons glo die betekenis hiervan is: nuwe lewe, ’n nuwe begin, hoop en fertiliteit. 

Hoe ongelooflik is ons God. Hy gee ons nuwe hoop, en ons is opgewonde vir ons babatjie, op die regte tyd. Sy tyd.

Ek is vandag dankbaar vir baie dinge. Ek is dankbaar om ’n groot en wonderlike God te aanbid, en vir ’n wonderlike man. En natuurlik vir ons twee pragtige seuntjies. Mens het altyd so baie om voor dankbaar te wees.

Aan al die ander mammas wat hierdeur gaan; ek is so jammer. En as jy dalk weet van iemand wat hierdeur gaan, dit is ’n alleen-pad wat daardie persoon stap. Gee haar al die liefde wat jy kan.


Lees nog getuienisse hier.


 

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF