Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

As die dood te volop raak …

DEUR STEPHAN JOUBERT

Vroeër was die dood nie so volop en so naby as tans met die derde golf van die Covid-pandemie nie. Ons almal beleef skielik hoe geliefdes en vriende rondom ons sterf. Ons beleef hoe baie mense veg vir hulle lewe. Daarom is dit nodig dat ons as gelowiges in hierdie tyd reg oor die lewe en die dood moet dink, soos wat die Nuwe Testament hieroor skryf:

  • Die dood is nie vir God ’n verleentheid nie. Christus hou die sleutels van die dood in sy eie hand vas (Op 1:17-18).
  • Die Here se kinders is nie slagoffers van die dood nie, nie eens van ’n wrede dood nie. Wanneer Stefanus byvoorbeeld vermoor word, sien hy vir Christus in die hemel raak (Hand 7:58-60).
  • Die dood is nie “die vyand wat kom roof” nie. Dit is ’n wins vir elkeen, wat in Christus sterf (Fil 1:21-23).
  • Ons hoop is nie dat ons later alles sal verstaan nie. Ons hoop en ons troos is dat niks ons kan skei van die liefde van God nie (Rom 8:37-39).
  • Ons leef en sterf tot eer van Christus (Rom 14:7-9). Ons weet hierdie lewe is nie ons eindbestemming nie. Dit gaan verby. Christus roep ons na ons ewige adres toe. (2 Kor 4:16 – 5:10) Daar by Hom wag ons oorwinningskroon (2 Tim 4:6-8).

*Dié skrywe is oorspronklik vir e-kerk geskryf, is via e-kerk se Goeie Nuus-nuusbrief uitgestuur en word met toestemming op LiG se webwerf gepubliseer.

LEES OOK: ‘Dit voel asof ek my een been en my een arm verloor het,’ sê Covid-weduwee oor haar ‘Oukie’

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF