Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Caroline-Grace se gebed vir klein Iza

Caroline-Grace
Caroline-Grace
Caroline-Grace neem \’n selfie saam met klein Iza Grace. Foto verskaf

Ons hou vas aan God se belofte in Sagaria 2:5, het sangeres Caroline-Grace net na die geboorte van haar en Heinrich Brüssow se tweede baba op Instagram laat hoor.

“Die Here sê: Ek sal ’n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees,” lui dié Bybelvers.

Caroline-Grace, wat op die voorblad van LiG se gedrukte tydskrif in die Desember/Januarie 2021-uitgawe verskyn het, se gebed vir hulle “volmaakte geskenk” is: “Dat die Here haar anker en haar lig sal wees. Dat sy die Here sal ken in als wat sy doen. Dat sy sal weet dat haar identiteit in Christus lê en nie in dit wat ander mense van haar sê nie. Dat sy altyd vreugde sal vind in die klein dingetjies.”

LEES OOK: Lindie: ‘Ons groot skuif net nog ’n tree agter Jesus aan’

Klein Iza, wat volgens haar ma “God is oorvloed, God is my eed” beteken, het sowat ’n week vroeër haar opwagting gemaak en is die Brüssow-egpaar se eerste dogtertjie.

Caroline-Grace en Heinrich Brussow
Vir dié bekende rugbyspeler en sangeres is hulle eerste dogtertjie die “volmaakte geskenk”. Foto verskaf
Geborg
Geborg
Geborg

Getuig saam met LiG

Geloof, hoop, getuienis – Ondersteun LiG vandag en word deel van die getuienis…

Vertel my meer

Skep getuienisse saam

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►