
Verruil kalklig-verslawing vir ’n plek by Jesus se voete
In die BBC-filmweergawe van Jane Austen se bekende Pride and Prejudice is daar ’n toneel waar die Bennet-susters hulle opsmuk vir ’n groot dansparty op die landgoed van die vooraanstaande Mr Bingley. Hulle dartel en kwetter en giggel sonder ophou.











