Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Die hemel is jou vaderland

10 Mei 2021

In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël (Ef 1:13).

DEUR RENÉ BADENHORST

Om twee jaar lank in die oorwegend homogene kultuur van Suid-Korea te kon woon, was ’n unieke ervaring. Almal om jou praat ’n taal wat jy nie verstaan nie. Dis moeilik om jou weg in ’n vreemde land te vind as jy nie die mense verstaan nie, en daarom probeer jy maar so gou moontlik ’n klompie belangrike woorde aanleer.

LEES OOK: Aanspreeklikheid – wie sien kans?

Wanneer ons kinders van God word, is dit asof daar ’n nuwe stem in ons gedagtes begin praat. Dis amper soos ’n nuwe taal, een wat ons voorheen nie verstaan het nie. Dis die stem en die taal van die Heilige Gees. Dis Hy wat ons help om God beter te verstaan, en om soos hemelse burgers te kan dink en doen.

Dié nuwe taal kan nie altyd deur die wêreld om ons verstaan word nie, want dis soms heeltemal teenstrydig met dit wat gewoonlik gehoor word. Ons eie stem sal byvoorbeeld sê: “Bevredig al jou behoeftes!” Die Gees in ons sê: “Sterf aan jouself!”

Só verander die Gees die manier waarop ons oor onsself, ons vriende en ons vyande, ons finansies, ons doel op aarde en ons toekoms dink. Die Gees gee ons die vermoë om God en ons medemens lief te hê.

Deur sy Gees in my sê God: “Jy is Myne!”

Ek daag jou uit: Wees bereid om na die Gees in jou te luister, selfs al moet jy radikaal anders begin lewe as almal om jou. Jy behoort aan God. Die hemel is jou vaderland.

Bid saam met my

Vader, dankie dat ek aan U kan behoort. Ek wil nie meer vir myself leef nie, maar vir U. Help my om te sterf aan myself en U te vertrou om my lewe verder te bou. Dankie dat U diegene wat aan U behoort, u Gees en u krag gee. U doen dit ook vir my. In Jesus se Naam. Amen.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF