DEUR RENÉ BADENHORST
Dis só lekker om te sien hoe my klein, grootoog-seuntjie tot ’n negejarige grootman uitgegroei het. Een wat nou baie meer dikwels sê: “Los my! Ek sal sélf!” In teenstelling met die vroeër jare se “help my!”
Soms kan ek maar net toekyk hoe hy in ’n “beter weet-oomblik” redelik droogmaak …
LEES OOK: ‘God het ’n aanneem-hart’
Ook dié van ons wat “Christelik-Calvinisties” grootgemaak is, het meteens begin wonder: Wat ís die waarheid?
Dis ’n baie belangrike vraag in ons geestelike groeiproses. Ons kan tog nie bloot sê ons glo omdat ons so grootgeword het nie. Ongelukkig het baie mense, in die konfrontasie met die veelkantigheid en die besef dat vormgodsdiens nie voldoende is om dit te hanteer nie, hul geloof verloor.
LEES OOK: VIDEO: Ma se leuse na dogtertjie se dood: ‘As sý kon uithou, kan ék dit doen’
Paulus skryf: “As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld ’n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik ’n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God” (1 Kor 3:18-10).
Soms moet ’n mens eers jou kop stamp voordat jy besef dat dit wat vir jou beter gelyk het, toe nié beter is nie. Diegene wat God persoonlik ken, en wat daarop vertrou dat sy Weg beter is vóórdat hulle eers moet seerkry, is beslis beter daaraan toe …
Wie bepaal jou siening van reg of verkeerd – God of die wêreld?
BID SAAM MET MY
“Vader, my geloofskassie is al so geskud … Ek weet nie altyd hoe om te onderskei tussen wat reg en wat verkeerd is nie. Beskerm my asseblief teen ’n soort “mensgemaakte waarheid” en lei my in ú waarheid. By U is daar lewe, liefde en hoop. In Jesus se Naam. Amen.”