Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

God genees ons

Die mens se liggaam is voorwaar wonderlik! As jy, byvoorbeeld, ’n been breek, genees dit vanself. En die nuwe been is gewoonlik sterker as die oue wat gebreek het.

As jy jou sny, genees die wond. En dikwels met ’n litteken wat sterker en dikker is as die normale vel.

In die winter word jy dalk siek, maar die meeste virusse en bakterieë word deur jou liggaam se immuunstelsel beveg en oorwin.

As jy jou slegte gewoontes staak, kan jou liggaam self, met verloop van tyd, herstel van die nagevolge. Ons sien dit in rokers wat ophou rook: Die plaak wat in hul bloedvate vasklou as gevolg van die rook, kan ná ’n paar jaar oplos. En die (gewese) roker se longfunksie verbeter ook mettertyd.

LEES OOK: ‘Mamma, ek wil nóú hemel toe gaan!’

Jou liggaam herken, in normale omstandighede, al die abnormale selle en maak hulle dood. Dit is wanneer hierdie proses om die een of ander rede ondermyn word dat kankeragtige selle ontstaan.

Maar in die algemeen gesproke, sonder dat jy dit weet, sommerso in die stilte, versorg jou liggaam homself. En herstel self. Al die wonde en ander stukkende plekke genees, jy word sterker, en gou-gou verdwyn die seer.

Dié wonderbaarlike prosesse herinner my aan elke stukkie groei of verandering in ons lewe. Dit is moeilik, ja, en selfs seer, maar met verloop van tyd herstel ons en kom sterker en gesonder aan die ander kant uit.

Dit is wel so dat ons soms bang is vir hierdie groeiproses, vir die seerkry wat deur genesing meegebring word. Ons hou van dinge soos dit is en idealiseer dikwels die verlede. Ons dink aan hoe lekker dit “in die goeie ou dae” was en ons wil ons afskerm teen die groeipyne van verandering.

Vernuwing gaan alte dikwels ook gepaard met verlies. Ons kan nie wegskram van die seer nie en moet bereid wees om afskeid te neem van die ou self. Ja, dit is ’n soort doodgaan: Die oue moet eers afgebreek word voordat ons kan verbeter en vernuwe.

Jesus sê in Lukas 9:23-24: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.”

Elke dag …

Jy moet elke dag jou kruis opneem. Jy moet elke dag gereed en bereid wees om te sterf. Bietjie vir bietjie afskeid neem van die ou self.

Elke dag bring nuwe geleenthede wat ons tot by die kruis lei. Dit is hier waar Jesus, in die stilte, saggies en liefdevol, met jou werk om jou te verander.

Nee, verandering is nie ’n eenmalige gebeurtenis nie; dit is ’n herhalende siklus van verlies en vernuwing.

Ons skop dikwels teen die moontlikheid van verandering wanneer ons aan ons geloofslewe dink. Alles moet asseblief tog net dieselfde bly …

Niemand mag aan enigiets verander nie, want jy torring mos nie aan iets wat werk nie! Ons stry onder mekaar oor dogma en oortuigings omdat ons denke staties is. Ons raak soms so geheg aan ons oortuigings dat ons bereid is om dit te verkies bó die dinge wat ewigheidswaarde het. 

Maar ons hoef God nie te beskerm of te verdedig nie; Hy wil hê sy kerk moet groei en vernuwe.

As ons bly glo dat dit wat die beste is in ons verlede lê, is daar geen hoop vir die toekoms nie. Ons moet tog onthou dat die huidige vol hoop is. God bring vernuwing sodat ons kan ontwikkel, groei en verander. Dié verbetering is tot voordeel van onsself en van die mense om ons.

En as ons geduldig bly in dié groeiproses, te midde van die seer en die verlies, kan ons uiteindelik by vernuwing en genesing aankom. Dit verg moed en geduld, maar dit is altyd die moeite werd. 

 Hoor wat sê die digter: “Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel” (Ps 31:25).

  • Simone Gauche is ’n mamma met twee seuntjies, sy is ’n huweliksmaat en ’n mediese dokter wat in Mosselbaai-hospitaal werk.

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF