Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

God is nie ’n wiskundesom nie

Milanie Vosloo

’n Suksesvolle sakeman lewer ’n toespraak waarin hy die reëls van sy sukses uitspel. Onder andere vertel hy die storie van sy baas wat ’n vuil grap vertel het waarvoor hy duidelik nie gelag het nie. Na die voorval het sy baas hom ingeroep en gesê dat hy nogal dapper was om nié te lag nie. Twee weke later kry hy bevordering. Hy maak die punt dat, wanneer ons doen wat reg is, God ons sal seën.

Kort daarna ontvang hy ’n e-pos van ’n ander sakeman wat vertel dat hy ook op ’n soortgelyke wyse nie goedkeuring aan sy baas se optrede gegee het nie en … kort daarna afgedank is. Duidelik werk dinge nie altyd dieselfde uit nie.

LEES OOK: Jy val nooit uit sy hande nie

Natuurlik moet ons probeer om ’n moreel-etiese lewe te lei. Maar ons moet besef dat ons Here met elkeen van ons ’n unieke storielyn het wat binne die grootheid van die geestelike wêreld afspeel.

God verseker nie dat GOED + REG LEWE = SEËN is nie. Hy verseker wel sy teenwoordigheid. Altyd!

U voorskool-kinders

Here, ons is soms so dom!
Ons probeer U deur ons
beperkte menslikheid verstaan.
Glo dat U soos ons dink. Soos ons dinge doen.

Vandag besef ek maar net weer.
Ons kan U nooit in
mensboksies verpak nie.
Want U is ver bo ons verstand.
Ligjare verder en groter
as ons swartbord-somme.

Vandag kniel ek maar net weer
met nederigheid
voor u soewereiniteit
en vra:
Wees ons – juis vanweë u grootheid en ons kinderlikheid –
genadig.

Ek bid jou Kolossense 1:11 toe:

… dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede te volhard …

  • Milanie Vosloo is die eienaar van ’n bemarkingsmaatskappy, topverkoperskrywer van geestelike boeke en ’n gereelde rubriekskrywer in LiG.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF