Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘God voorsien in my moeilikste tyd,’ sê Ruan Josh

DEUR JACOBIE M HELENA

“Die afgelope twee jaar was die moeilikste jare wat ek al gehad het. Ek was onseker oor my toekoms en het nie geweet hoe ek met ʼn berg se skuld sal oorleef nie. Ek is huis- en karloos. Ek het elke dag net na ʼn grashalm hoop gesoek om my te verseker dat ek okay gaan wees,” vertel Ruan Josh, wat soos sy bekende ma Juanita du Plessis ook ’n sanger is.

 

Maar, getuig Ruan, God het nog elke maand op ’n wonderbaarlike manier voorsien.

Daarom het hy op 12 Junie ’n nuwe enkelsnit uitgereik om mense in Suid-Afrika te motiveer met die wete dat God die enigste voorsiener in moeiliker tye soos met die Covid-19-pandemie   is. 

Ruan het die liedjie Provider die eerste keer in 2019 gehoor en omdat die lied tot hom gespreek het, het hy besluit om sy eie weergawe daarvan uit te reik.

Hy sê dat hy sy besigheid en inkomste in September 2018 verloor het. Dit was sy laaste versekerde inkomste in meer as 20 maande.

Ruan vertel: “Ek moes my huis en my motor verkoop om die skuld te help delg. Máár nog elke maand het ek wonderbaarlik los werkies gekry om my deur die maand te dra. As ʼn sanger is ’n mens se inkomste in die beste van tye onseker en nou met die pandemie het geeneen van ons ʼn clue waarheen ons moet beweeg nie. Dis in hierdie dinge waar God ‘provide’. God voorsien elke maand in al my behoeftes,” getuig Ruan oor God se goedheid in sy lewe. 

Hy brei uit en sê dat die belangrikste ding wat hy gedoen het, was om God te vertrou en die Woord te glo. “God sal my nooit verlaat of in die steek laat nie. Ek moes myself begin vra of dit nog my eerlike en opregte oortuiging was. Ek moes myself vra of ek volkome glo dat God in beheer is,” vertel Ruan.

Ruan hoop dat die enkelsnit krag vir mense in dié uitdagende tyd sal bring. “Laat God sorg vir jou behoeftes en geniet die lewe saam met jou geliefdes. God is altyd goed. As God besluit om jou te seën met oorvloed, wees ʼn rivier waardeur sy seën vloei. As jy sukkel, vertrou nét op die Here! Jou eie insigte gaan jou net verder in die sop laat beland.”

“Die liedjie se lirieke stel dit só goed: ‘Al droog al die oseane op, my God is steeds my Voorsiener.’ Maak nie saak hoe dit voor jou lyk nie. God kan en sal. Ons verantwoordelikheid is eenvoudig – bou jou lewe op die vaste fondasie van God se Woord. Niks anders nie,” getuig Ruan.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.