Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Gouemedaljewenner Anruné oor uitdagings: ‘Ek moes my andersheid en ons IVF-pad vir God gee’

“Ek was altyd die meisie op skool wat met ‘die een hand’ gehardloop het,” vertel Olimpiese gouemedaljewenner Anruné Weyers.

Kyk episode 38 van ons getuienis-kanaal LiG: God se krag in my krisis. Anruné getuig oor haar pad om haar gestremdheid te aanvaar, maar ook hoe moeilik hul IVF-pad was.

Dié woorde, vertel Anruné, het haar seergemaak. “Ek het gedink kán hulle nie iets anders sien as dit nie, ek is soveel meer.

Dié paralimpiese atleet, wat in 2021 ’n goue medalje in Tokio vir die 400 m ingepalm het, is met ’n onderontwikkelde hand gebore. “Ek het tydens die swangerskap op my sy gelê in my ma se baarmoeder, en die groei in my handjie gestop. Die dokters het dit nie opgetel nie,” verduidelik Anruné.

LEES OOK: Gouemedaljewenner Anruné: ‘Ek eer God vir wat Hy in my en my pa se lewe gedoen het’

Anruné vertel sy het lank gedink sy is nét dit – die meisie met die een hand wat hardloop. Maar later as tiener kon Anruné eenvoudig nie meer alleen die etiket dra nie. “Ek het op my bed met my Bybel gesit en God gevra om my te help. Daardie dag het God vir my ’n deur kom oopmaak.”

Vandag sê Anruné: “Ek kry sommer hoendervleis as ek nou daaraan dink. Ek sou nie gewees het waar ek vandag is as ek nie die Here toegelaat het om my te wys hoekom hy my so gemaak het nie.”

Hierna het Anruné by paralimpiese atletiek betrokke geraak en haarself aanvaar …

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF