Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Goulash-sop

RESEP DEUR HELEEN MEYER

Ons is almal lief vir warm koesterkos, en dié geurige sop is altyd ’n wenner. Dis eintlik ’n volledige maaltyd met vleis en groente, en met die aromatiese geure van tamatie, paprika en gemaalde komyn daarby. Maak dit as ’n heerlike gesinsete, of nooi vriende oor vir ’n gesellige winterkuier. Dit gaan ’n nuwe gunsteling word – dit waarborg ek jou!

Lewer 8-10 porsies

Jy benodig
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 750 g–1 kg ontbeende stowebeesvleis of -skaapvleis, in blokkies gesny en met die oortollige vet verwyder
• 2 groot uie, eers in kwarte en dan in dun skyfies gesny
• 500 ml (2 k) sterk Rooibostee
• 2 knoffelhuises, gekneus
• 1 rooi soetrissie, ontpit en in dun repies gesny
• 2 selderystingels met blare, in dun skyfies gesny
• 40 ml (8 t) paprika
• 10 ml (2 t) gemaalde komyn
• 2,5 ml (½ t) karwysaad (opsioneel)
• 500 g botterskorsie of 2 middelslag-patats, geskil en in blokkies gesny
• 1 lourierblaar
• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
• 1 liter (4 k) hoender- of groenteaftreksel
• 150 g dun groenboontjies, diagonaal in derdes gesny
• suurlemoensap, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 50 ml grofgekapte Italiaanse pietersielie
• 125 ml (½ k) suurroom, ongegeurde jogurt of karringmelk
• Nog Italiaanse pietersielie om mee voor te sit

Jy maak só
1. Verhit ’n bietjie van die olie oor matige temperatuur in ’n groot kastrol.
2. Verbruin ’n kwart van die vleis. Skep dit uit. Herhaal die proses met die orige olie en vleis. Doen dit in sulke sarsies totdat alles verbruin is. Skep uit en hou dit eenkant.
3. Soteer die uie, knoffel, soetrissie en seldery in dieselfde kastrol totdat dit sag is. Voeg die speserye by en soteer dit 2-3 minute lank, tot aromaties.
4. Roer die botterskorsie of patats by en soteer dit ’n paar minute lank.
5. Roer die vleis met die lourierblaar, tamaties, aftreksel en tee by. Bring die mengsel tot kookpunt, verminder die hitte, sit die deksel op en laat prut dit stadig, 1½-2 ure lank, of totdat die groente en vleis sag is. Die sop moenie te vinnig prut nie, want dit kan die vleis laat taai word.
6. Voeg die boontjies tydens die laaste 15 minute van die kooktyd by. Geur na smaak met die suurlemoensap en sout en peper, en roer die gekapte pietersielie by.
7. Sit dit voor met skeppies suurroom, jogurt of karringmelk en die res van die vars Italiaanse pietersielieblare.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF