Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Here, red haar lewe,’ smeek groep vroue voor hospitaal

Wat as ’n gewone Donderdag op ’n wingerdplaas buite Stellenbosch vir die Steyn-gesin begin het, het geëindig met die verdoemende woorde van ’n dokter. Volgens ’n neuroloog sou Marietjie Steyn (50) nie die nag ná ’n breinaneurisme oorleef nie.

Marietjie vertel hoe sy vroeër die middag (5 Mei 2022) ’n koffie-afspraak moes kortknip as gevolg van ’n hewige hoofpyn. Op die grondpad op pad na hulle gesinhuis is sy deur die buurman langs die pad gevind wat haar ingelaai het en na haar man Marais geneem het. Hy het toe met haar na Mediclinic in Stellenbosch gejaag.

Marais het dadelik hulle vriende, familie en geloofsgemeenskap gevra om te begin saam bid.

“Binne ’n uur het ’n groep vroue by die hospitaal in die parkeerarea vergader met shofars (ramshorings), Bybels, nagmaal en worshipmusiek,” vertel Marietjie.

Marietjie se man Marais is daarna aangeraai om hulle tweeling-matriekkinders te gaan haal om hulle ma te kom groet.

Volgens Marietjie het een van die vroue, wat voor die hospitaal vir haar gebid het, tussen 18:00 en 20:00 ervaar dat die Heilige Gees vir haar sê: “Smeek en roep uit vir Marietjie voor die Here.

“Hulle (die groep vroue) het toe neergeval, shofars geblaas en uitgeroep: ‘Here, Here, red haar lewe.’”

Kyk na episode 44 van LiG se YouTube-kanaal om Marietjie se volle getuienis te hoor.
Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF