Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

#hoezitsamelewing-video’s dra vrou deur ‘donkerste’ hospitaaldae

DEUR CONETTE LE ROUX

Dalk het een van Francois Boyce se vrolike “hoezitsamelewing!”-video’s al jou dag opgehelder. Dié 31-jarige pastoor, jeugleier en klavieronderwyser van Somerset-Wes het tydens die Covid-pandemie begin met video’s en motiveringspraatjies om vreugde te bring.

“Die Here het in 2009 vir my ’n prentjie van Suid-Afrika gegee – ’n nagfoto met al die liggies – en vir my gesê dat ek by die liggies (mense) gaan uitkom. Ek was doodbang en baie onseker oor die hóé,” onthou Francois.

Hy het toe met die kinderproduksie “Franna” deur Suid-Afrika getoer en sowat 8 000 kinders bereik – tot die pandemie dié produksie gekniehalter het.

LEES OOK: ‘Gryp die dag – môre is minder gewaarborg as ooit’

“Ek kan onthou hoe ek en die Here ’n lekker gesprek gehad het, want ek het geweet die droom het nie verander nie. Maar wat doen ek nou?”

Francois het besef dat hy “’n selfoon, internet en ’n kommin persoonlikheid” het, en hy kan dít gebruik om mense te bereik.

Intussen volg 14 885 mense Francois se #hoezitsamelewing-Facebookblad en kry hy baie goeie terugvoer van sy volgelinge.

’n Hoezit-volgeling het onlangs laat weet hoe sy video’s haar deur die “hel” van Covid-longonsteking gedra het. “Jou video’s het my deur die donkerste en angstigste dae gekry. Die nursies het soms kom saamkyk, want hulle het gesien hoe ek agter die masker giggel.”

LEES OOK: ‘God leef!’ vertel ma ná aanneemseun haar opspoor

Francois vertel dat hy ook terugvoer gekry het van ’n dogtertjie wat teen kanker veg. Sy video’s help haar glo om van haar situasie te vergeet wanneer sy lekker uit haar maag vir hom lag.

En soms kry hy ook self video’s van sy volgelinge. “Die snaaksste is hoe mammas vir my video’s stuur van hulle babas wat uit hulle maag uit lag vir mý video’s. Die mammas maak dan sommer ook van die geleentheid gebruik om die baba so tussendeur kos te voer.”

Francois se boodskap aan LiG-lesers: “Mag jy vandag ware geluk ontdek, beleef. Dis klaar binne jou … God het dit vir jou gegee.

“Want daar is mos nou niks erger as ’n bewegende suurlemoenboom met ’n naam nie!”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.