Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Jacques Papenfus se verhaal (deel 2): ‘My donkerte word lig by Moeggesukkel’

Jacques het die nieregeringsorganisasie Moeggesukkel in Centurion op die been gebring.

Hy vertel: “Dis moeilik om Moeggesukkel aan ʼn buitestander te beskryf, gegewe die aantal projekte wat ons aanpak. Kortliks, dus: Moeggesukkel is ʼn toevlugsoord vir mense wat werklik moeg gesukkel is.”

Moeggetjank, lekker kos en hulp aan ander

“Ons is passievol daaroor om projekte te inisieer wat mense nuwe hoop gee en wat nuwe doelwitte daarstel. Baie van ons inwoners het hul lewensdoel en hul identiteit verloor, en daarom het ons besluit om ook Moeggetjank te begin. Laasgenoemde projek stel die inwoners in staat om na weggooihonde om te sien. Dit help ons mense om weer hul gevoel van menswaardigheid te herwin.

LEES OOK: Jacques Papenfus se verhaal (deel 1): ‘Die donker nadat my gesin gesterf het

“By Moeggesukkel streef ons daarna om elke bord kos smaaklik en voedsaam voor te berei. Ons glo dat ʼn lekker ete nie bloot die liggaam voed nie maar ook die gees ophef, en ʼn gevoel van tuiswees en geborgenheid skep. Soos een van ons inwoners dit gestel het: ‘Die etes hier laat my weer voel ek behoort iewers.’

“Deur vir ander iets te beteken, herwin ons inwoners hul hoop en geloof. Deelname aan liefdadigheidsprojekte in die gemeenskap help om ander se nood te verlig. Dit gee ons inwoners ʼn nuwe doel in die lewe en dit herstel hul menswaardigheid.

“Ons glo vas dat God ʼn plan vir ons almal het. Deur mekaar te ondersteun en te dien, ontdek ons daardie plan en vind ons weer hoop en geloof.”

@daarishoop_moeggesukkel

Tannie Linda – Deel 1 Sy is die liefdevolste en sagste ou tannie. Sy verdien regtig hierdie tweede kans. Om te oordeel is ‘n keuse… Kom ons kies eerder om haar hierdie kans te gun. Moeggesukkel staan haar by en ondersteun haar op hierdie pad na genesing. Baie dankie aan elkeen van julle wat saam met ons ‘n GROTER verskil maak!

♬ original sound – Moeggesukkel
Jacques het onlangs dié aangrypende video op hulle gewilde TikTok-rekening gedeel.

Volgens Jacques is hul grootste uitdaging die feit dat hulle soms tot 20 mense op ʼn dag moet wegwys omdat hulle doodgewoon nie oor genoeg fasiliteite beskik nie. Tans huisves die Moeggesukkel-huis 70 mense – 65 volwassenes en vyf kinders. “Ons bou voortdurend aan om aan dié mense ʼn heenkome te gee. Alhoewel almal welkom is, word voorkeur gegee aan mense wat heeltemal haweloos is.

“Hier is nie baie reëls nie, behalwe dat onmin tussen die inwoners nie verdra word nie. Dit is net nie aanvaarbaar nie. Almal word ondersteun, totdat hulle weer onafhanklik kan leef. Ouer mense bly hier totdat hulle hul lewensreis afgelê het.”

’n Bussie vol genade

Wanneer Jacques oor sy eie gesin gesels, wys hy sy groot en dankbare hart. Hy vertel die storie van die bussie: “In 2018 het iemand vir ons ʼn bussie se sleutel gegee. In daardie stadium het ek en my vrou reeds sewe jaar lank gesukkel om swanger te raak. Toe sit ons in hierdie negesitplek-bussie, en dit maak glad nie sin nie.

“Maar sonder dat ons dit geweet het, het God ʼn plan vir ons en ons bussie gehad.

“Daardie jaar is my skoonpa oorlede en my skoonma het by ons ingetrek. Toe was drie sitplekke in die bussie gevul. Terwyl ons gebid het vir ʼn eie gesin, het ons die bussie gebruik om inwoners van Moeggesukkel kerk toe aan te ry. Ná sewe jaar se wag aan die Here se voete het Hy ons met klein Juvan geseën, ons eerste seuntjie. Hy het die vierde sitplek in die bussie gevul.

“Aan die einde van 2021 het ons weer swanger geraak, maar ná 12 weke het ons uitgevind dat ons kind Huis toe is.

“Al het die lewe nogmaals nie sin gemaak nie, was ons verhouding met die Here steeds sterk. Aan die begin van 2022 het ons pad met ʼn tienjarige seun s’n gekruis. Hy het by ons ingetrek, en só die vyfde sitplek in die bussie ingeneem.

“In Februarie 2022 het ons wonderlike nuus ontvang: Ons was weer swanger. Dié keer was daar nie slegs een baba op pad nie, maar twee! God het werklik ʼn manier om dubbeld terug te gee. Met die tweeling aan ’t kom, was ons toe sewe in die bussie.

“Die prentjie wat ek eens in my kop gehad het, het toe heel anders gelyk. Dit was nie meer ek wat die skilder was nie; die verfkwas was in God se hand. Nadat ek my hele gesin in ʼn motorongeluk verloor het toe ek maar nege jaar oud was, was God besig om stukkie vir stukkie, of sal ek eerder sê sitplek vir sitplek, al die oop plekke in ons bussie vol te maak.

“In Maart 2022 het ons ʼn 14-jarige seun ontmoet en hom genooi om by ons in te trek. Voor die Junievakansie het ʼn 17-jarige seun by ons gekuier. Hy was byna groter as ek, hy het die Cravenweekspan gehaal.

“Reg geraai: Hy het toe ook by ons ingetrek.

“Daar in 2018 het ek en my vrou in ʼn leë bussie gery en gewonder of ons ooit kinders sal kan hê. Maar God het reeds in daardie stadium voorsien, en Hy het beplan om hierdie negesitplek-bussie vol te maak. Ons gesin is nou voltallig. En ons bussie is nie meer bloot ʼn voertuig nie, maar ʼn simbool van God se liefde en voorsienigheid.”

Jacques rig dié woorde aan alle weerlose mense: “Die Here is altyd by jou, Hy staan gereed om jou te ondersteun en te versterk. Hou vas aan Psalm 34:18 se woorde: ‘As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.’”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF