Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

KYK: Kinderkankervegtertjies se unieke projek: ‘Hou aan veg en kleur in’

“Ek weet hoe dit voel om lank in ’n hospitaalbed te lê. Die verpleegsters en ander personeel was regtig vriendelik, en ek het baie gehou van die nuwe maats wat ek gemaak het. Maar ons kon nie regtig met mekaar speel nie, want die medisyne maak jou te siek om op te staan.”

So gesels die tienjarige Annabelle van Wyk van Stellenbosch oor haar belewenisse nadat sy jare gelede met leukemie gediagnoseer is. Sy was maar drie-en-’n-half jaar oud. Nadat haar gesondheid begin verbeter het, het sy en haar maatjies besluit om iets te doen om kinderkankerlyers se lang dae in die hospitaal op te vrolik.

LEES OOK: ‘Ek is kankervry!’ sê Zhara van mees gekykte getuienisvideo op LiG-kanaal

Uiteindelik is By kids 4 kids geskep, deur ’n klompie kinderkankerlyers vir hul maatjies: ’n inkleurboek met 50 inkleurprente. Annabelle vertel: “Dié boek sal jou help om die tyd in die hospitaal om te kry, en hopelik sal dit jou effens beter laat voel. Ek bid dat jy sal moed hou, dat jy gelukkig sal wees, en dat jy elke dag ’n glimlag op jou gesig sal hê.”

Hulle (kinderkankerlyers) bring dae en soms weke in ’n hospitaalbed deur, met nie veel om hulle besig te hou nie. Dit is juis die rede vir die boek. Dit is deur kinders gemaak, vir kinders. Om hul tyd in die hospitaal net so ’n klein bietjie op te helder,” vertel Karen.

Elke inkleurprent het ook ’n briefie by waarin die vegtertjie bemoedig word. Carla van Eeden (10), wat reeds twee jaar lank teen kanker veg en tans ’n gewas op haar skedel het, skryf: “Sommige dae is regtig moeilik, maar ek is positief. Ek neem dit een dag op ’n slag. Jý kan dit ook doen omdat jy sterk en braaf is. Hou net aan veg!”

Karen Bock, Annabelle se ma, het gehelp om dié projek moontlik te maak. Sy sê: “Kinders wat kankerbehandeling ondergaan, bly steeds kinders. Hulle wil doen wat al die ander maatjies doen. Hulle wil buite speel, hulle wil lag, leer, nuwe dinge ervaar. En hulle wil skool toe gaan. Ongelukkig is dié dinge, as gevolg van die behandeling, nie altyd moontlik nie. Hulle bring dae en soms weke in ’n hospitaalbed deur, met nie veel om hulle besig te hou nie. 

“Dit is juis die rede vir die boek. Dit is deur kinders gemaak, vir kinders. Om hul tyd in die hospitaal net so ’n klein bietjie op te helder.”

‘n Briefie van aanmoediging vir ’n kankerpasiënt.

Maar, sê Karen, hulle wil ook hê die inkleurboek moet ’n inspirasie wees vir mense wat nie kankerlyers is nie. “Dis ’n natuurlike reaksie om weg te skram van kinders met kanker, omdat dit so ’n onnatuurlike ervaring is. Die kinders voel ook baie keer sleg en ‘af’, maar hulle het geen ander keuse as om positief te bly nie. Om die beste van ’n slegte situasie te maak. 

“Net so moet ons, die volwassenes, wanneer ons ‘af’ dae beleef, positief bly soos dié dapper vegtertjies.”

Sy voeg by: “Ons het reeds 320 inkleurboeke by die Rooikruis-kinderhospitaal gaan aflewer, en 80 by Rondebosch Medical Centre in Kaapstad. Ons wil graag die nuus versprei oor dié inisiatief sodat ons hoop kan bring vir siek kinders dwarsoor ons land.”

  • Klik hier en skenk geld vir ’n inkleurboek, kryte ingesluit, vir ’n kankervegtertjie.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF