Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

KYK: Jaco Strydom sê Jesus-volgelinge sien kans vir pyn

23 Maart 2021


DEUR FRANCINE PRINS

Die kruks van Jesus se boodskap is eintlik dat Jesus-volgelinge vir pyn moet kans sien, vertel Jaco Strydom, predikant, skrywer en baanbreker-evangelis.

Jy kan die boek hier aankoop.

Jaco se jongste boek Leef lig het ontstaan nadat hy besef het Jesus het in die evangelies meer gepraat oor hóé om te leef as oor hoe ons moet glo.

Inteendeel, Jesus het ons vrééslik uitgedaag om om te gee en lief te hê juis wanneer dit moeilik is, sê Jaco.

Hy vertel van vyf gewoontes wat die vroeë Christelike kerk gehad het. In die boek vervat hy sy eie ervaring as leier van die Echo-gemeenskap en sy persoonlike reis met God, om ’n boek te bring waarvan ’n mens amper elke sin wil onderstreep.

LEES OOK: Ontgin geloofsgewoontes van die vroeë kerk deur skrywer se lens

Die boek is op ’n lekker geselstrant geskryf, maar dit tref jou telkens só hard dat dit jou uit jou gemaksone stamp. Die eenvoudige konsepte, belig met wonderlike aanhalings en stories, bly jou by. Dit daag jou uit en motiveer jou om uiteindelik saam met Jaco te sê: “Kom ek doen tog net iets.”

Jaco se hoop is dat gelowiges anders begin leef, en dinge anders doen. Dat ons aksies naderhand gewoontes raak wat ons help om geestelik te groei, ’n verskil te maak en die lewe van oorvloed beleef waarvan Jesus praat, sê Jaco.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF