LiG Tydskrif

LUISTER: Stella se nuwe enkelsnit gaan ‘net oor God’

Vir die sanger, lofprysingsleier en liedjieskrywer Stella, was haar jongste enkelsnit ’n “ontdekkingsreis” om God beter te leer ken. Haar gebed is dat God op élke luisteraar se hart sy waarheid sal kom skryf.

Hoe het Set our hearts on You presies ontstaan?

“Ek wou graag ’n liedjie skryf wat net oor God gaan en het Hom gevra om sy karakter aan my te openbaar. Ek het Johannes 1 gelees en toe is daar ’n paar verse wat vir my uitstaan en dadelik soos ’n lied gevoel het. Ek was so opgewonde, want daar is regtig niks meer kragtig as Skrif nie. 

“Dis beslis ’n tyd waar ons nie “closet”-Christene kan wees nie. Ons moet ons geloof in God lééf,” sê Stella. Foto: Jannes De Villiers

Dit het nie heeltemal klaar gevoel toe ek die verse en koor klaar geskryf het nie. Toe herinner God my aan sy name en hoeveel van sy karakter in sy name vasgevang is. Ek het dit begin neerskryf en sing en was dadelik net oorweldig deur die gewig daarvan en sy tasbare teenwoordigheid in my studio. Ek was sommer net in trane, want ek kon voel hoe Hy iets in my hart laat gebeur en my geloof in Hom stig soos ek sy name sing.

LEES OOK: Wanneer God ’n weermag stuur

Jy bid dat God op elke luisteraar van jou enkelsnit se hart sal ‘skryf’? 

Dat God in elke luisteraar se hart sal kom werk soos Hy in myne het! Dat Hy sommer leuens sal openbaar en sy waarheid oor ons harte sal kom skryf! Ons het nodig om te besef wie God is en wie Hy vir ons wil wees. As ons ons harte op Hom rig, dan is dit eenvoudig op die beste plek. Hy gee Goddelike perspektief en in Hom is alles te vind wat ons ooit sal kan nodig kry. Selfs die geloof wat ons nodig het om dit te glo, kom van Hom af! 

Hoe begin ’n dag in die lewe van sanger Stella?

Elke dag lyk so ’n bietjie anders, maar oor die algemeen begin elke dag 6:00 met gebed en worship oor zoom saam met ’n klein groepie kosbare mense. Dit beteken die wêreld vir my en begin my dag op die regte noot. 

Jy is ook gastehuisbestuurder, ma van twee en boervrou. Jou lewe klink baie besig!

Ek maak tyd om my kinders te versorg en met hulle te speel. Maar ek moet ook tyd maak vir admin op my foon en rekenaar – heeltemal te veel tyd na my sin! Dan moet ek ook gaste ontvang, zoom-vergaderings hou, verf … Maar ons sit ons kinders lekker vroeg in die bed sodat ek en my man by mekaar kan uitkom. Ek gaan draf ook iewers in die week om fiks te bly en dit hou my kop oop! 

Jy was stigter van die Worship SA-platform wat tot 50 000 mense daagliks in grendeltyd bedien het. Gaan julle steeds daarmee voort?

Ons gaan beslis aan soos God ons lei. Ek dink hier gaan nog amazing dinge deur die platform gebeur. Dit het begin met die regstreekse worshipsessies op die blad. Toe het ons ons voete in die strate gaan sit met die #feetonthestreet-missie, wat steeds voortgaan. Dis gemik daarop om die geestelike atmosfeer in ons dorpe te verander. Nou voel ons ons beweeg in ’n nuwe seisoen waar God nuwe liedjies deur worshippers in Suid-Afrikaners se harte en monde wil kom sit. 

Opwindende tyd vir gelowiges, beslis! Maar maklik? Beslis nie! Tog glo ek dat God besig is om ons op te rig en om ons te wys Wie Hy is en wie ons régtig is. Soos wat ons meer en meer sy waarhede glo, en daarin begin beweeg, gaan meer en meer asemrowende goed begin gebeur. Dis beslis ’n tyd waar ons nie “closet”-Christene kan wees nie. Ons moet ons geloof in God lééf. 

Klik hier om na Set our hearts on You te luister. Besoek “Worship South Africa” op Facebook.

 

 

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.