Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Ma se laaste vraag aan haar seuntjie: ‘Wil jy hardloop, my kind?’

“God, as U goed is, sal U Lukas gesond maak.”

Dit was Lize van der Walt van Melkbosstrand se ultimatum aan God nadat sy uitgevind het haar seuntjie het ’n rare spierdistrofie-mutasie.

Kyk Lize se video-getuienis met hulle aangrypende storie.

Lukas kon sedert sy geboorte in 2019 nooit self asemhaal, eet of sit nie. Sy toestand was enig in sy soort; hy was in daardie stadium een van slegs twee kinders in Suid-Afrika met dié mutasie.

Geborg

Nadat Lukas die eerste meer as vier maande ná sy geboorte in die hospitaal deurgebring het, het die dokters Lize en haar man Tjaart voor ’n keuse gestel: “Óf julle neem jul kind huis toe met al die masjiene, óf ons skakel die masjiene af.”

Lize vertel: “Ons het besluit dat daar beslis ’n rede is waarom hy hier is; kom ons gee hom ’n kans. Daarna moes ons opgelei word om ons kind by die huis te kan hanteer. Want nou is jy nie meer net ’n ma nie, jy is ook ’n dokter, ’n verpleegster. Jy is nou die héle pakkie.”

Lukas moes ook eers ’n “peg tube” (voedingsbuis) in sy magie kry, en ’n traggie om sy asemhaling te vergemaklik.

Daarna is hulle huis toe. Die Van der Walts moes leer om al die nuwe take te verrig. Lize onthou hoe sy aanvanklik vreesbevange was dat iets met Lukas sou gebeur. Gelukkig, sê sy, was Tjaart rustig. En baie handig met Lukas.

En só het hulle éintlike reis saam met hul kind begin.

Geborg

*Klik hier om die volle getuienis te kyk.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.