Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Maandag-inspirasie: Hy wag met oop arms op jou

1 Maart 2021


DEUR MILANIE VOSLOO

Jou Here het ’n diep behoefte aan jou. Aan jou, net soos jy is. Nou.

Die dissipels was moeg, moedeloos en honger ná ’n hele nag se onsuksesvolle visvangs. Toe roep die Man by die vuurtjie hulle nader. “Gooi jul nette aan die ander kant van die skuit,” sê Hy.

Teensinnig gaan hulle weer die see in om te doen wat die Vreemdeling sê. En kom dié keer wal toe met nette wat tot skeurend toe vol vis is.

LEES OOK: Maandag-inspirasie: Asem uit, asem in

Dis toe dat hulle besef: Die Man op die strand is Hý. Hul Meester. Die Een wat so verrassend anders is.

Miskien het hulle toe ook onthou hoe hierdie Here hulle geleer het om met nuwe oë na dinge te kyk. Om hul geestelike nette aan die ander kant uit te gooi. Om só te leer dat kerkwees nie in die tempel plaasvind nie, maar dat dit elke dag in die gewone lewe geleef moet word. Dat vormgodsdiens niks beteken nie, omdat Hy ons hart wil omvorm. Dat Hy slegs een ding van ons vra: Leef intiem saam met My.

Jesus se koms het ook vir jou en my kom sê dat Hy sonder ophou op ons lewensstrand staan, en met oop arms op ons wag. Dat Hy wag om ons met die vuur van sy liefde en omgee te verwarm.

Hoor vandag hoe hierdie Jesus in jou oor fluister dat Hy nie in die kerkgebou is nie, maar in jou hart. Dat Hy nie van jou sekere moet-doen-dinge verwag nie, maar dat Hy daar is om jou met jou gewone moet-doen-lewe te help. En dat Hy jou, ongeag wie en wat jy is, oneindig lief het.

LEES OOK: ‘Kinders moet meer as die jongste oor TikTok weet,’ sê skrywer

Loop vandag in die oop arms van dié Man in, die arms wat eens aan ’n kruis vas was. Hy is by jou om aan jou te gee wat jy regtig nodig het. Soos die warm omhelsing van sy “kom na My toe”-hart. Die gasvryheid van sy “kom sit by My”-uitnodiging. En die aanvaarding van wie jy is, soos jy is.

In u arms wil ek wees

Here Jesus,

ek is ook soms moeg gestoei met baie dinge.

Dankie dat U wat my ken

my gedurig nader roep

om saam met U om die vuur van u liefde te kuier.

Dat U, daar in ons saamwees, vir my

meer as net ’n stukkie brood en happie vis wil gee.

Dat U blywende vrede en vreugde in my hart wil plaas.

Vandag kies ek om weg te draai

van die storms om en in my

en skuiling te vind in die veilige ruimte

van u innooi-liefde.

U alles-vir-my-genade.

En u omhelsende vrede.

Probeer in dié tyd …

Om minder besorg te wees oor die vraag of jy ’n sogenaamde “goeie” Christen is. Om daarna te strewe om daagliks met Christus gevul te word. Dan sal jy, ondanks alles, vrede vind. En, ten spyte van jouself, liefde wees.

Uit die Woord

“Soos die Vader My lief het, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly” (Joh 15:9).

  • Dié rubriek het in die gedrukte LiG se Paasuitgawe van 2021 verskyn.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF