Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Marciel Hopkins: ‘God droom dat jy van jou liggaam moet hou’

Marciel Hopkins

DEUR JACOBIE M HELENA

Marciel is nie net ’n internasionale model, motiveringspreker, lewensafrigter en die nuwe Boer soek ’n vrou-aanbieder nie. Sy bevorder liggaamspositiwiteit en glo daarin om vroue te inspireer en te bemagtig. LiG het met Marciel gesels oor hoe haar lewe in grendeltyd lyk, haar geloof en watter raad sy vir gelowige vroue het.

Marciel Hopkins
Foto: Sulet Fourie

 Waarmee hou jy jouself in die grendeltyd besig?

Die eerste twee weke na ek teruggekeer het van New York was vir my baie moeilik. Die aanpassing om van ’n besige stad met vryheid en onafhanklikheid na self-isolasie by die huis te kom, was vir my uitdagend (veral omdat die res van Suid-Afrika toe nog nie in grendeltyd was nie). Ek het wel besef dat ek die beste van die situasie moet maak en het so gou as moontlik vir myself probeer roetine skep. Studies toon dat gesinne wat tydens moeilike tye steeds hul roetine behou, meer veerkragtig is. Ek het geoefen, aanlyn-lewensafrigting gedoen en aan my Amerikaanse aksent vir toneelspel-doeleindes gewerk. Video-oproepe met vriende en familie was vir my van kardinale belang en ek het elke dag met my katte vir afleiding gespeel.

Hoekom het jy besluit om ʼn lewensafrigter te word?

Marciel 2
Marciel Hopkins: “Ek glo dit is die Here se droom vir elke vrou om van haarself en haar liggaam te hou.” Foto: Sulet Fourie

Ek was nog altyd passievol oor geestesgesondheid. Ek het my honneursgraad in sielkunde voltooi en het toe nog twee jaar verder studeer om as lifecoach te kwalifiseer. Tydens grendeltyd was mense se moraal baie laag en ek het besluit om 40 ure pro bono-coaching beskikbaar te stel. Ek het gevoel ek het die nodige vaardighede om ’n verskil te kan maak en wil graag waarde tot mense se lewe toevoeg. Die sessies was binne \’n paar uur gevul en dit was wonderlik om vroue tydens dié onsekere tyd by te staan en te bemagtig. As vroue is ons so vinnig om onsself met ander te vergelyk en dan voel ons nie goed genoeg nie. Coaching fokus daarop om \’n sterk fondament vir selfvertroue en gesonde eiewaarde te bou. 

Jy is \’n uitgesproke liggaamspositiewe-aktivis. Hoe het jou geloof jou gehelp om jou liggaam in alle vorme te aanvaar?

Ek glo dit is die Here se droom vir elke vrou om van haarself en haar liggaam te hou. Dit het my laat besef dat God wil hê ons moet die lewe uit ’n plek van selfliefde aanpak. Die Here het ons ook nie as kopieë van mekaar gemaak nie, want elkeen van ons is uniek. My geloof het my gehelp deur my hele Mej Suid-Afrika-reis, veral toe dit gevoel het of ek wil tou opgooi. Ek glo die Here het my geroep om \’n pad na liggaamsaanvaarding te stap sodat ek ander vroue daardeur kan bemoedig en inspireer. 

Watter liggaamspositiewe raad het jy vir gelowige vroue?

  • So gereeld soos jy jou huis skoonmaak, moet jy ook jou sosiale media \’spring clean\’: unfollow mense of profiele wat jou nie inspireer of laat goed voel oor jouself nie. 
  • Vra vir die Here om vir jou te wys hoe Hý jou sien. Ek glo dit help om jouself deur sy oë te sien Hy het só \’n mooi beeld van jou. 
“Ons kan nie onsself met ander vergelyk nie, dit steel al ons vreugde. Gesond-wees lyk anders aan elke liggaam. Niemand is so uniek geskape soos jý nie. Omarm hoe spesiaal die Here jou geskape het,” sê Marciel. Foto: Sulet Fourie
  • Ons kan nie onsself met ander vergelyk nie, dit steel al ons vreugde. Gesond-wees lyk anders aan elke liggaam. Niemand is so uniek geskape soos jý nie. Omarm hoe spesiaal die Here jou geskape het. Daar is altyd ruimte vir verbetering as ons iets van ons liggaam wil verander op \’n gesonde manier, maar dit is belangrik om dit dan uit \’n plek van selfliefde aan te pak. 
  • Gooi al die ou klere van 10 jaar terug uit jou kas waarin jou nog wil pas. Dit is nié goed vir jou selfbeeld nie en behoeftige mense het die klere meer nodig vir die winter. Koop vir jou klere waarin jy nou sal pas en goed voel. 
  • Omring jouself met vroue en vriendinne wat ander mense bemagtig en aanmoedig, in plaas daarvan om hulle af te breek. Dit is só belangrik om deur positiewe lense na jouself én ander vir \’n gesonde selfbeeld te kyk . 
  • Vind oefening waarvan jy hou en wat volhoubaar is vir jou leefstyl en roetine. Dit is belangrik om aktief te wees vir jou fisiese én emosionele welstand. Oefening is \’n nie straf vir wat jy geëet het nie; dit \’n voorreg om te weet waartoe jou liggaam in staat is. 
  • Ek weeg myself al vir vier jaar glad nie. Ek het geen idee wat ek weeg nie en dit gee vir my vrede. Jou gewig kan nooit jou eiewaarde bepaal nie, so as die skaal jou negatief beïnvloed moenie daarop klim nie! Jy sal aan jou klere voel of jy gemaklik is met jou gewig of nie.

 

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.