Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Musikant moet ‘iets anders doen’ om vir gesin te sorg

“Gewoonlik is my dagboek vol met optredes teen dié tyd van die jaar. Maar nou is daar maar net drie of vier vir 2021.”

Só sê Jacques de Villiers, oftewel die sanger Joshua na die Reën, op Facebook. 

Foto verskaf

Hy skryf ook: “Ek is onseker oor wat om te doen, ek plaas dit hier omdat ek graag deursigtig wil wees en nie net maak of alles okay is nie. Ek gaan vir \’n jaar lank iets anders doen om vir my gesin te sorg.” 

Hoewel sterftes en siek geliefdes duisende Suid-Afrikaners se gedagtes tans oorheers, is daar ook ander “klein” bekommernisse.

LEES OOK: Angs, my meedoënlose metgesel

“Ek dink elke musikant en kunstenaar in die land staan met die onsekerheid vir wat die jaar inhou. En dis ’n klein bekommernis as ek dit vergelyk met wat baie mense op die stadium deurgaan wie se geliefdes siek in hospitale lê,” het Jacques verder gesê.

Intussen het mense se “mooi boodskappe” Jacques se hart geraak en het hy geskryf dat hy nooit sal ophou musiek maak nie. Daarom bied hy in 2021 privaat optredes, liefdjieskryfkursusse, klavierlesse, opleiding vir skoliere en musiekgroepe aan.

Jacques het verder vertel: “Hierdie lewe is vir ons baie werd, en dis hoekom hierdie tyd so swaar is. Maar ek wil nie nét in die swaar vaskyk wanneer daar ook die mooi om ons is nie.

“Wat ek wel weet, is dat ek steeds wil soek na die oomblikke wat lewe bring, en die bome en die wolke en die reën inneem, met my kaalvoete op die grond staan en voëltjies hoor sing wanneer die son in die oggend sy soentjies op my wang los.”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF