Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Om sout vir die aarde te wees

Ek is besig om kos voor te berei, en om die een of ander rede glip die soutpot se deksel af. Die oomblik toe ek die deksel sien aftuimel, lê ons ganse aandete reeds onder ’n berg sout. Toe weet ek: Hier is moeilikheid!

Baie mense het al so ’n ongeluk gehad, hetsy by ’n restaurant of aan jou eie tafel. Dalk was jy een van daardie stouterds wat skelmpies die soutpot se deksel losgeskroef het sodat die niksvermoedende eter wat volgende die soutpot gebruik so iets oorkom.

Maar daardie aand van die berg sout eet almal langtand, ten spyte van my beste pogings om die situasie te beredder. Die kinders kla steen en been. Later deel ek maar toebroodjies uit, terwyl ek self sukkel om die kos oor my lippe te kry. 

LEES OOK: God genees ons

’n Toevalligheid, maar …

Die interessante ding van sout is dat ons dit skaars oplet. Ons word eers bewus van sout as daar te veel of te min daarvan in ons kos is. Wie het al gehoor dat iemand aan tafel uitroep: “O, wonderlik, hierdie bord kos bevat die absolute perfekte hoeveelheid sout!”? 

Want wanneer sout optimaal benut word, is dit eintlik onsigbaar. Dit smelt weg in jou kos en dit laat al die ander bestanddele toe om hul beste voetjie voor te sit.

Sout is die nederigste bestanddeel wat ons in ons spens het. As iemand smul aan ’n gereg wat jy voorberei het en wonder wat presies dit is wat hulle proe, sal hulle dalk verwys na die kruie of die speserye, maar nooit na die sout nie. En as jy gevra word om ’n lys bestanddele op te noem vir ’n bepaalde resep, is sout ’n toevalligheid.

Sout kry nooit die erkenning vir ’n lekker ete nie.

Maar laat dit nou weg …

Die sout vir die aarde

In Matteus 5:13 sê Jesus: “Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word.”

Wat sou Hy daarmee bedoel het?

Dit is nie ingewikkeld nie. As jy die sout vir die aarde is, maak jy alles beter waar jy kom en waarby jy betrokke is. Jy kry nie eintlik erkenning daarvoor nie, maar jy weet dit is soos dit is: Jy is hier om, nederig en ongesiens en dikwels onderwaardeer, die wêreld ’n beter plek te maak.

Daarom kla sout-van-die-aarde-mense nie oor die wêreld en die lewe in hierdie wêreld nie. Nee, hulle gaan doodgewoon voort om te doen wat hulle doen: om smaak te gee aan hul omgewing.

Hulle weet hulle sal nie daarvoor geprys word nie. Trouens, hulle weet dat min mense, indien enige, hoegenaamd bewus is van wat hulle alles doen om die wêreld ’n leefbaarder plek te maak.

Dit is nie maklik om sonder erkenning voort te gaan om te doen wat jy doen nie. Dis makliker om jou te onttrek, en om saam te praat en saam te kla.

Maar dan dwing die Gees jou terug na Jesus se woorde, en jy hoor opnuut dat jou soutwees ’n genadegawe is wat Hy aan die wêreld gegee het.

Jy, die genadegawe …

Nou gaan jy voort om te doen wat jy doen, om te wees wat jy is. Jy kan nie anders nie, want Jesus het jou so gemaak. En Hy vertrou jou.

Simone Gauche is ’n mamma met twee seuntjies, sy is ’n huweliksmaat en ’n mediese dokter wat in Mosselbaai-hospitaal werk.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF