Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Só maak ons Minki mooi vir die voorblad

Vir LiG se eerste kwartaallikse uitgawe het ons by Minki van der Westhuizen gaan kuier. Die onderhoud vir die voorbladartikel vind in sarsies plaas – ’n gevolg van Covid-19. Eers antwoord Minki ’n klompie vrae met stemboodskappe, en daarna gesels ons so tussen die grimeerkwaste en kameras deur terwyl sy vir LiG se voorblad gefotografeer word.

Dit is \’n hele span wat sorg dat die foto\’s uiteindelik perfek is.

 

Dis die sóveelste keer in haar lewe dat Minki vir die kamera gegrimeer word. Sy neem spontaan deel aan alles wat moet gebeur om die foto’s perfek te kry. “Ek wil eendag werk tot ek 80 is,” lag sy.

Ons neem die foto’s by Clouds Estate in die Helshoogtepas buite Stellenbosch. Dit is die perfekte somersdag. Dis asof ons skouers skuur met die berge, hier hoog teen die helling.

Ons stilis, Carissa Bosman, pak al die klere wat sy vooraf gekies het, op ‘n hangrak uit. Elke uitrusting pas by die kleurskema wat ons vir vir hierdie uitgawe gaan gebruik. Dan kies Carissa, saam met Madré Kohn, LiG se visuele koördineerder, die uitrustings. Salomien Smal, die fotograaf, gee ook haar insette.

Intussen word Minki se hare en grimering gedoen. Alicia Buckle, bekende grimeerkunstenaar, tower met die grimeerkwas op haar vriendelike, saggeaarde manier. Sy en Minki ken mekaar baie goed, en gesels soos boesemvriendinne terwyl sy gereed gemaak word.

Alicia kry Minki gereed vir foto\'s
Alicia kry Minki gereed vir nog \’n klompie foto\’s. Foto: Carissa Bosman
Minki en Alicia Buckle
Voor elke sarsie foto\’s maak Alicia seker elke haar is op sy plek, en die grimering is perfek.
Kyk net die stylvolle masker! Foto: Carissa Bosman

Gewoonlik word die voorbladfoto binnenshuis geneem, en teen \’n wit agtergrond.

Dis met \’n gewone haardroër wat ons daardie wind-in-die-hare-perfekte-foto kry! Carissa rus net eers \’n bietjie haar arm – dit raak lam van \’n haardroër so lank vashou! Foto: Francine Prins

Die uiteinde is pragtige foto\’s:

Foto: Of the Earth Photography (Salomien Smal)
Foto: Of the Earth Photography (Salomien Smal)
Foto: Of the Earth Photography (Salomien Smal)
Foto: Of the Earth Photography (Salomien Smal)

Die uitgawe met Minki op die voorblad is van 12 Februarie tot 7 Mei 2021 te koop.

Kyk hier hoe Donnalee Robberts se voorbladfoto\’s geneem is.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF