Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Swaarkry is nie die einde van my storie nie,’ vertel vrou 17 jr ná beroerte

“Nadat ek ’n massiewe beroerte gehad het wat my ernstig gestremd gelaat het, is ek vasgevang in ’n rolstoel, een van my hande werk nie ordentlik nie, die een kant van my gesig is verlam en ek het baie ander gesondheidsprobleme. Dit sou báie maklik gewees het om verbitterd te wees …”

So vertel Katherine Wolf van Atlanta, Amerika, op een van die Bybeltoep Youversion se video’s. Dié merkwaardige vrou het op die jong ouderdom van 26 die hewige beroerte gehad. Haar eersteling was slegs ses maande oud. Hierna het sy ’n 16 uur lange breinoperasie gehad, was 40 dae in die intensiewesorgeenheid en ’n volle jaar in ’n neurorehabilitasiesentrum. Sy loop steeds ’n pad van herstel, maar is vandag ’n hoopgewer vir mense met “gebroke liggame, gebroke breine en gebroke harte” deur haar en haar man Jay se Hope Heals-bediening.

“Dankie Jesus! Ek het sedertdien gebid en gebid vir ’n hart van vleis, nie ’n hart van klip nie, en om nie bitter as gevolg van my omstandighede te raak nie,” sê Katherine. Sy vertel dat sy eerder haar pynlike pad gebruik om ander op ’n unieke manier te kan bedien. Katherine onthou een van haar pynlikste ervarings was toe sy in die hospitaal bewus geraak het van haar baba wat iemand op haar bed geplaas het. Sy het skielik besef sy kan nie meer haar baba borsvoed nie en dat iemand anders vir hom moet sorg.

Maar, vertel Katherine, as jy jou storie van gebrokenheid deel, kan jy ook later jou storie van genesing deel. Haar herstelpad was moeilik. Volgens Hope Heals se webwerf het dit baie lank geneem voordat Katherine weer kon eet of praat. Sy moes boonop sowat twee en ’n half jaar ná die beroerte hoor dat sy ’n klein anuerisme het agter haar linkeroog. “Maar ek besoek nie daardie plek van vrees oor wat dalk mag gebeur nie,” sê sy.

Katherine het intussen twee boeke geskryf, een daarvan saam met haar man. Sy en haar man het ook bo verwagting in 2015 nog ’n seuntjie gehad.

“Ek kan nou ’n simpatieke luisteraar wees en opdaag en omgee vir mense op ’n unieke manier in Jesus se naam.

“Ons Godgegewe werk is om te deel wat ons geleer het. Swaarkry is nie die einde van ons storie nie. Dis die begin van ’n nuwe storie,” getuig Katherine.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF