Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Verskillende liefde in die Bybel

Verskillende liefde in die Bybel

Daar word baie en dikwels oor “liefde” geskryf, gesing en gepraat. Dis nou die romantiese soort, maar daar word van verskillende liefde in die Bybel geskryf. Ons gesels maklik oor daardie spesiale band tussen twee mense. Die vraag is: Voer ons genoeg diepsinnige en verrykende gesprekke oor die veelkantige onderwerp genaamd “liefde”?

Die Bybel help ons baie om die verskillende fasette van liefde in ons alledaagse lewe te herken en te verstaan. Kortom, daar word van verskillende liefde in die Bybel gepraat:

Goddelike liefde is een van die verskillende liefde in die Bybel

Hierdie liefde (die Bybel noem dit “agapé”) is standhoudend en solied. Dis ’n verbondsliefde wat nie onder giere en druk meegee nie. Dis hoe God se liefde vir ons is. Dit deurstaan die toets van die tyd en dit bly altyd dieselfde.

Hoewel ons sukkel om so volmaak lief te hê, bly dit die soort liefde waarna ons strewe. Dis ons doelwit om ook in verbondenheid met mekaar te lewe, om mekaar nie in die steek te laat nie.

Soos broers

Ons ken hierdie liefde ook: daardie diep gevoel tussen vriende. Julle is nie minnaars nie, maar julle is ook nie bloot oppervlakkige vriende nie. Julle waardeer jul vriendskap met mekaar en spreek dit teenoor mekaar uit. Hierdie soort liefde word gekenmerk deur wederkerigheid, dit wil sê ’n omgee vir mekaar, en wedersydse bemoediging.

Meer as ’n rooi hartjie

Een van die soorte liefde wat ons die beste ken, is inderdaad romantiese liefde. Dis wanneer jy iemand ontmoet of raaksien en waar jou belangstelling op ’n sekere manier geprikkel word.

’n Mens sou laasgenoemde “verliefdheid” kon noem. En dis moeilik om te omskryf, maar dis ’n gevoel wat sê: “Jy is vir my mooi; jy klink interessant; ek hou van wat ek beleef as ek naby jou is.”

Hierdie soort liefde kan lei tot ’n diep verbintenis (’n huwelik) of dit kan van verbygaande aard wees.

Vir die mensdom, vir alles

Ons beleef ook ’n soort liefde teenoor die breër mensdom en die res van die skepping. Hierdie liefde sien raak hoe interafhanklik alles en almal is – en dit gee om. Dit gee om vir die natuur, dit poog om besoedeling te bekamp en die skepping te waardeer en te bewaar. Soos die ander soorte liefde kom hierdie liefde ook uit God, uit sy verbond met die aarde (vgl Gen 9).

Eenheid, oplaas

’n Romantiese verhouding kan die plek wees waar hierdie vier soorte liefde in ’n wonderlike, heilige eenheid byeenkom. ’n Liefdesverhouding bestaan nie bloot uit vlinders in die maag en rooi rose op die eetkamertafel nie, maar dit koester ook die ander elemente wat ons verhoudingslewe ryk en interessant maak.

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF