Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

VIDEO: ‘Ek weet wie my Skepper is’ – Erica Wessels

Hierdie aktrise verkies rolle wat haar uitdaag om al die lae van haar menswees te ontdek en te verken. Dit sal noodwendig rolle wees, sê sy, wat haar uit haar gemaksone dwing. Deesdae is daar natuurlik ’n nuwe rol wat dit alles regkry, en meer – dié van ma. DEUR JANA DU PLESSIS MÜLLER

Klassieke skoonheid. Vrye gees. Kreatiewe siel. Dis moeilik om een woord te vind of ’n enkele frase te formuleer om haar mee op te som; die aktrise Erica Wessels is ’n vrou met vele lae wat haar menswees kenmerk. Boonop het sy ’n jaar gelede ma geword.

Ons ontmoet mekaar by The Alpaca Loom net buite die Paarl. Die waterplasse lê die wêreld vol ná die onlangse goeie reën. Erica is professioneel en gefokus vir ons voorblad-fotosessie. Sy is aantreklik. Misterieus in haar boheemse uitrusting, al staan sy ook by ’n trekker. Daar is ’n alpakka genaamd “Daniel” langs haar én modder onder haar stewels.

Haar lewe is besig en vol. “En kleurvol,” vertel sy later. Die dag ná ons gesprek meld sy haar weer, soos elke dag in hierdie besige tyd, by ’n rolprentstel aan waar daar ’n nuwe romantiese fliek geskiet word. En haar en haar man Willem se dogtertjie, Stella Kato, word binnekort’n jaar oud.

Om jouself te verloor

“Stella het ons lewe heeltemal kom verander,” sê Erica. “Dis ’n baie ‘real’ ondervinding; glad nie romanties nie. Maar dis nie onverwags nie. Die dag toe ek ’n ma geword het, het ek geweet my lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Wanneer Erica so praat, is haar stem melodieus, sterk. En wanneer sy oor Stella gesels, is daar ’n glimlag en sagtheid in haar oë.

“Daar is iets daaraan om ’n ma te word, iets wat baie mooi is. Jou fokus verskuif van jouself na hiérdie mens. Dis verreikend om jouself te verloor … én om jou dan daaraan oor te gee.

“Ek en Willem is albei denkers, maar wanneer daar ’n baba is om groot te maak, is daar nie tyd om oor allerlei dinge te tob nie. Jy maak jou hande vuil, jy raak besig. Hierdie nuwe mensie ontwikkel voor jou oë, dag na dag, week na week, maand na maand. Dis ’n proses wat net nooit ophou nie, en dis uiters opwindend.

Lees die volledige onderhoud in die Oktober-uitgawe van LiG!


FOTO’S: SALOMIEN SMAL

 

 

 

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF