Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Jou geestelike welstand: vyf praktyke wat jou lewe sal verryk

Geestelike welstand

“Lees jou Bybel, bid elke dag, en jy sal groei, groei, groei …”

Baie gelowiges ken hierdie ou kinderliedjie, wat eintlik handel oor twee praktyke wat jou geestelike welstand bevorder, naamlik om gereeld te bid en om Bybel te lees. Vir vele het hierdie goeie geloofsgewoontes egter afgewater geraak en ’n haastige vyf minute met ’n dagstukkie en ’n skietgebedjie geword. 

Sonder dat jy verander. En sonder dat jy God se rol in jou lewe na waarde ag.

Geborg

Wat is goeie geloofspraktyke? 

Ds Gys van Schoor verduidelik dat een van sy grootste ontdekkings was om te besef dat Jesus ons na meer as bekering en sondevergifnis uitnooi; Hy nooi ons uit tot volle menswees. So ’n innerlike verandering vind egter nie onder narkose plaas nie; dit verg aktiewe deelname.

En só bied bepaalde geloofspraktyke praktiese maniere waarop gelowiges hulle as klei in die Pottebakker se hande plaas om deur Hom gevorm en omvorm te word. 

Gys sê: “Deur middel van die inoefening, en beoefening, van geloofsgewoontes in ons elkedagse lewe met God neem ons deel aan die verandering wat God alleen kan bring.”

Daar is ’n wye verskeidenheid geloofsgewoontes, en in hierdie artikel kyk ons na vyf wat jou geestelike gesondheid kan bevorder.

Geestelike welstand-praktyk 1: Bestudeer jou Bybel

Die Bybel staan sentraal in die proses van geloofsvorming. 

Geborg

God ontmoet ons deur die Bybel. Dié ontmoeting vra van ons die aanleer van ’n ingesteldheid van luisterende afwagting. Gys verduidelik hoe die Lectio Divina-metode van Bybel lees werk, dit wat die ou kerkvaders reeds eeue gelede toegepas het.

“Dit sluit ’n proses in van stil en rustig word voordat jy ’n bepaalde Skrifgedeelte lees, wat verkieslik nie meer as 10-12 verse is nie. Dat jy dit dan herlees terwyl jy vrae oordink soos: Hoe word my lewe geraak deur wat ek gelees het? En: Wat hoor ek alles hier? 

“Maak hierdie Skrifgedeelte dan jou ‘huis’ waarin jy ’n week lank elke dag woon, en waar jy met God praat oor wat jy raaksien en beleef. Skryf dié dinge neer. Wees deurentyd bedag op die Heilige Gees se fluistering. Leef dan uit wat jy geleer het.”

Geestelike welstand-praktyk 2: Memoriseer jou Bybel

Nog ‘n manier om jou geestelike welstand te verbeter, is om Bybelgedeeltes te memoriseer. Dit is nie net goed vir jou brein nie, maar ook vir jou siel. 

Wanneer die Skrif deel raak van jou gedagtes, kan die Heilige Gees dit lewendig en kragtig maak.

Hier is ‘n paar verse om te memoriseer:

  • Psalm 23 — Hierdie psalm is geliefd vir ‘n rede. Dit help ons om God te vertrou en in Hom rus te vind.
  • Matteus 5:1-12 — Dit is die beroemdste preek wat al ooit gepreek is. Die bergrede vertel van die seën wat Christelike deugde inhou.
  • Matteus 6:5-15 — Jy ken “Die Onse Vader”-gebed dalk reeds uit jou kop. Maak ‘n punt daarvan om dit gereeld te bid.
  • Romeine 3:21-26 — As jy vir ander moet vertel wat jy glo, is hierdie gedeelte ‘n goeie beginpunt. Paulus gee hier ‘n goeie raamwerk van waaroor die Evangelie gaan.

Geestelike welstand-praktyk 3: Vas en gebed

Vas is ‘n geestelike dissipline wat baie waarde inhou. Om te vas beteken om jouself van kos te weerhou, en daardie tyd in gebed deur te bring.

Geborg

Vas kan verskillende vorme aanneem, alhoewel vas van kos hoofsaaklik in die Bybel voorkom. Om van sosiale media of ander dinge wat vir jou baie belangrik is te vas, is ook ‘n manier om dinge op te offer wat die plek van God in jou lewe begin inneem.

Vas stroop jou van jou eie kragte sodat jy jou fokus op God kan plaas.

Geestelike welstand-praktyk 4: Afsondering en stilte

Die lewe word deesdae gekenmerk deur ’n oormaat betrokkenheid. WhatsApp-groepe, sosiale media in die algemeen, en ’n gedurige kyk en luister na video’s, potgooie, radio en TV neem ’n groot deel van ons lewe in beslag. 

Daarom is stilte en afsondering, indien moontlik iewers in die natuur, so belangrik om God se fluisterstem te kan hoor. Soos Gys dit stel: “Stilte help my om oop te gaan vir verwondering.” 

Ses jaar gelede was die NG predikant Jaco Schoeman by Gys en Thea op die skilderagtige Greyton vir ’n stilte-retraite. Jaco sê dit het ’n diep indruk op hom gemaak. Hy vertel dat hy dikwels in die middel van die nag wakker word, ’n lastigheid wat hy vroeër met potgooie en oorfone sou besweer. Maar nou het dit ’n gunstelinggewoonte geword om dit in kuiertyd saam met God te omskep.

“Dis onbeskryflik kosbaar,” sê hy. “Dis waar ek antwoorde vind, en vrede, en troos en liefde. Dit het vir my ’n geestelike tuiste geword.”

Geestelike welstand-praktyk 5: Gasvryheid

Daar gebeur soveel meer om so ’n etenstafel as om bloot honger te stil en dors te les. Teoloog en skrywer Henri Nouwen deel die volgende waarheid: “We all need to eat and drink to stay alive. But having a meal is more than eating and drinking. It is celebrating the gifts of life we share.

Geborg

“A meal together is one of the most intimate and sacred human events. Around the table we become vulnerable, filling one another’s plates and cups and encouraging one another to eat and drink. Much more happens at a meal than satisfying hunger and quenching thirst. Around the table we become family, friends, community, yes, a body. 

“That is why it is so important to ‘set’ the table. Flowers, candles, colorful napkins all help us to say to one another, ‘This is a very special time for us, let’s enjoy it!’”

Lees ook die artikel, “Hoe gebed jou geestelike gesondheid kan bevorder.”

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.