Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Angs, my meedoƫnlose metgesel

Angsversteuring is ’n uitmergelende siekte. Mense wat daaraan ly, moet voortdurend bedag wees op die simptome wat soms sonder waarskuwing hul opwagting maak. Dan moet daar onverwyld opgetree word.

DEUR MARTJIE ROOS

Ek het reeds op skool angsversteuringsimptome ondervind, maar dis nooit reg gediagnoseer nie. Angs het my maagĀ­spasmas besorg, in so ’n mate dat ek op ’n keer tydens ’n eksamen flou geword het. DiĆ© maagspasmas het die laaste twee jaar in die hoĆ«rskool ’n groot probleem geword.ā€

Só vertel Martie Swanepoel, bekende joernalis, skrywer en tekstielkunstenaar. Haar skooldae was ’n beproewing. ā€œEk was vreesbevange vir ’n onderwyseres wat my geboelie het. My ma moes my dokter toe neem.

ā€œOp universiteit het hierdie probleem kleiner geword, en toe ek as joernalis by Beeld begin werk het, nóg kleiner. Selfs al moes ek toe oor misdaad en onluste verslag doen. Ek dink dit was omdat die geweld nie op my persoonlik gerig was nie.

ā€œEk het egter wel ’n fobie vir winkelsentrums ontwikkel nadat ek oor bomontploffings daar moes berig. Vandag vermy ek dit steeds om inkopies te doen. En ek moet altyd weet waar die winkel se uitgang is.ā€

ā€œToe keer dit terug ā€¦ā€

Martie se angsaanvalle het nĆ” ’n erge traumatiese ervaring in 2006 weer begin kop uitsteek. En sedert haar man Johan se dood in 2008 het dit verhewig.

Sy vertel: ā€œEk het toe ’n ruk lank by ’n maatskappy gewerk waar die baas ’n regte boelie was. Hierdie ervaring het psigiatriese behandeling geverg. Toe het ’n huisbraak, waartydens ek en my kind in die huis vasgekeer was, en ’n gewelddadige voorval by ’n skool waar ek ’n ruk lank skoolgehou het, die angs laat toeneem.

ā€œEk gebruik reeds sedert die vroeĆ« jare negentig antidepressante, maar die angsbehandeling het eers nĆ” die trauma in 2006 begin. Posttraumatiese-stressindroom is toe by my gediagnoseer. NĆ” veertien jaar het ek dit nog nie oorkom nie. Ek kry steeds nagmerries.

ā€œToe begin ek besef dat my aftreedatum nader kom. Omdat ek sedert 2008 as alleenma die pot aan die kook moes hou, moes ek bitter hard werk. Die vrees om beheer te verloor, was intens. Ek het van anti-angstablette geleef. My dokter moes my ’n paar keer vir uitbranding behandel.ā€

ā€œWanneer ek begin sukkelā€

ā€œOp die oog af lyk ek na ’n kalm mens. As joernalis kon ek moeilike spertye goed hanteer. Maar wanneer ’n situasie my persoonlik raak, het dit my ontsenu.

ā€œEk sukkel om aggressie te hanteer wat teen my gemik is. Ek kon byvoorbeeld Johan se vier hartaanvalle kalm hanteer, en selfs kalm bly wanneer my kinders seerkry – maar wanneer dit voel asof ’n situasie buite my beheer is en ek magteloos is, word ek intens angstig.

ā€œEk was in TanzaniĆ« vir werk toe my werkgewer my bel met die nuus dat Johan ’n hartaanval gehad het. Die desperate gesoek na ’n vlug terug en die gebrek aan empatie waarmee ek in my nood te doen gekry het, het my histeries gemaak.

ā€œToe ek uiteindelik terug was en voor die intensiewesorg-eenheid se deur staan, was ek weer kalm.

ā€œDie aand met Johan se dood was ek angstig toe ek hospitaal toe moes jaag, want ek kon nie die situasie beheer nie. Nadat hy gesterf het, het ’n doodse gevoel oorgeneem. Die verwerking van sy dood te midde van ’n werksituasie waar die baas ’n boelie is, het my uiteindelik in die hospitaal laat beland.ā€

ā€œEk kan dit voel aankomā€

ā€œEk kan ’n angsaanval voel aankom. Ek begin bewe, ek sukkel met my asemhaling, ek kan glad nie logies dink nie, ek skarrel histeries rond. Die magtelose, eensame gevoel wat ek ondervind, is onbeskryflik.

ā€œEk kan dit nie wegdink nie. Ek probeer om dadelik ’n pil te sluk. Ek wil dan liefs alleen wees, op my bed onder ’n kombers gaan lĆŖ en slaap totdat ek beter voel. Niemand gaan my kalm ā€˜praat’ nie. Geen asemhalingtegniek of iets dergeliks gaan help nie. Ek moet my pilletjie sluk en alleen wees.

ā€œDan vermy ek sosiale media. Ek sal my ma of my suster of een van my kinders bel as dit nodig is. My lewensmaat Giel ken ook my angssimptome. NĆ” so ’n aanval is ek dae lank gewoonlik sielsmoeg.

ā€œAllerlei kwellings en ’n getob kan tot my angsaanvalle bydra, maar ek probeer my gedagtes gewoonlik betyds van gevaarsones wegstuur.

ā€œMaar ek het onlangs ’n angsaanval in ’n materiaalwinkel gekry bloot omdat niemand my wou help nie. Die personeel was onvriendelik en aanvallend – en ek het heeltemal uitgerafel. Ek kon dit nie eens regkry om my bankkaart te gebruik nie.ā€

ā€œMy mense en my beroepā€

Martie vertel dat sy haar veral oor haar kinders en haar geliefdes kwel. En oor geld. ā€œMaar ek sal nie vanweĆ« so ’n kwelling ’n angsaanval kry nie. Dis gewoonlik ’n spesifieke gebeurtenis wat dit ontketen.

ā€œMy angstigheid gaan met sosiale interaksie gepaard. Ek was in verskeie sleutelposisies in my loopbaan en kan voor ’n spertyd doodkalm wees. Ek is goed met krisisbeheer in ’n werksituasie. Ek het met heelwat vername mense onderhoude gevoer en kon dit nog altyd goed hanteer.

ā€œEk was van kleins af ’n introvert, en joernalistiek het my gedwing om in ’n werksituasie sosiaal in beheer te wees.

ā€œMaar dis die geselsies oor ditjies en datjies by skemerkelkies en onthale wat my laat voel het ek wou weghardloop. Ek het dit verduur omdat dit my werk was, maar ek het laat spaander sodra ek die kans gekry het.

ā€œMet verloop van tyd het ek ’n sosiale fobie ontwikkel, en ek het sosiale geleentĀ­hede begin vermy. Ek kan saam met pelle op my stoep kuier, maar ek sukkel met formele funksies waar ek met vreemdes moet praatjies maak. Dit maak my benoud.

ā€œDeur die jare het ek ook ’n vreemde fobie vir ’n telefoon ontwikkel. Ek sal nie sommer iemand bel en ’n lang gesprek voer nie, behalwe as ek die persoon goed ken. Ek sal eerder ’n e-pos stuur, of ’n WhatsApp.

ā€œEk was ’n hele paar jaar lank ’n soort kluisenaar, maar dit gaan nou beter. Giel is ’n sosiale mens en ek voel veilig by hom.ā€

ā€œEk slaap soms slegā€

ā€œSoms is ek ’n slegte slaper. Ek sal óf sukkel om aan die slaap te raak óf drieuur in die oggend wakker word. En dan jaag my gedagtes my rond.

ā€œEk het al alles probeer: hipnose, diep asemhaling, melk met neutmuskaat, musiek. Maar as my kop op hol is, kry ek dit nie stil nie. Die volgende dag is ek moeg. Gelukkig skyn die son dan, en dan lyk alles weer beter.

ā€œEk het nie ’n vrees vir nuwe projekte of uitdagings nie. Ek is ’n avontuurlustige entrepreneur en ek dink planne uit om te oorleef. Ek het vanjaar my eie onderneming, Martaki, van die grond af opgebou nadat die tydskrif Rooi Rose, waarvoor ek geskryf het, gesluit het.

ā€œMartaki is juis gebore sodat ek nie met geld moet sukkel nie. Ek sal ’n projek met entoesiasme aanpak, en daarmee aanhou totdat dit werk. Ek gee nie maklik op nie en kan bĆ”ie hard werk.

ā€œDie afgelope drie jaar het die paniekĀ­aanvalle egter toegeneem. Dis asof ek nie die slegte tyd in my laaste werkjaar te bowe kan kom nie. Dit was ’n intense jaar. Werkdruk, vrees vir aftrede, huis oppak, afskaal. Die onsekerheid van wat aftrede vir my inhou, was verlammend.

ā€œJy besef jou beleggings en ander geldjies gaan dalk nie genoeg wees nie. En ek dink die hele tyd planne uit om my finansies aan te vul.ā€

ā€œMy geloof is my ankerā€

ā€œAngstigheid is ’n mediese probleem, dis soos diabetes. Ek gee nie voor nie. My gene en die letsels wat ek deur trauma opgedoen het, het my breinoordragstowwe uit balans geruk. Ek het medikasie nodig om dit weer in die regte balans te bring.

ā€œMy toestand is nie ’n skande nie. Ek praat daaroor. Ek is dankbaar as mense vir my bid. Gebed en geloof is juis my anker wanneer ek angstig is. Daarby gee God my ook genoeg verstand om te weet dat ek ’n mediese probleem het.

ā€œDaarom sluk ek my pilletjies wanneer dit nodig is. Ek gee regtig nie om of mense dink ek is bloot ā€˜vol drama’ nie. Hulle ken nie my pad nie en het nog nooit ’n enkele tree in my skoene geloop nie.ā€

Martie Swanepoel, joernalis en entrepreneur.

Martie Swanepoel woon op ’n natuurbewaringsplaas in die Gouwsberge in Mpumalanga. Sy gebruik blare en hout om gedrukte motiewe op linne en katoen te maak. Sy vervaardig onder meer handgedrukte serpe, kussings, tafeldoeke en rokke. Haar handgemaakte ware kan by martaki.lappe op Instagram en Facebook gesien word. Dit kan ook aanlyn bestel word.

Jacques Botes is ’n geestesgesondheidpraktisyn in Pretoria. Hy sĆŖ daar moet ’n duidelike onderskeid tussen vrees, paniek en angs getref word.

ā€œVrees dra by tot die mens se oorlewingsdrang op daardie oomblik. Soos wanneer ’n leeu op jou afstorm. Angs is wanneer jy vrees vir die volgende aanval ervaar, en is dus op die toekoms gerig. Paniek is ’n oorweldigende reaksie wat skielik plaasvind en met akute emosionele en fisiese ongemak gepaard gaan. Bepaalde liggaamlike reaksies – soos ’n verandering in hartklop en asemhaling, onbeheerbare bewerasie en koors – kan tydens paniek voorkom.ā€

Hoe word hierdie dinge behandel?

Volgens Jacques is die beginpunt altyd ’n deeglike mediese ondersoek. Navorsing het uitgewys dat angs dikwels met ’n fisiologiese diagnose geassosieer word, byvoorbeeld abnormaliteite by die skildklier, komplikasies met spysvertering en migraine. Alle moontlike mediese oorsake moet eers uitgeskakel word.

’n Geneesheer kan medikasie voorĀ­skryf om akute episodes te behandel, terwyl daar tegelykertyd sielkundige behandeling of psigoterapie toegepas word. Langtermynbehandeling kan kognitiewe en persoongesentreerde benaderings asook terapie insluit. Ontspanning-, asemhaling- en hanteringtegnieke kan ook voorgeskryf en aangeleer word.

ā€œMaar onthou,ā€ sĆŖ Jacques, ā€œdaar is verskeie soorte angsverwante diagnoses en daarom is dit belangrik dat die ondersoek deur ’n psigiater gedoen word. Ook die daaropvolgende behandeling is ’n saak vir so ’n spesialis.ā€

Verdere wenke om angs te hanteer

Jacques Botes beveel die volgende aan:

  • Tel jou seĆ«ninge! Wees dankbaar vir die klein, mooi dingetjies in die lewe.
  • Fokus op persoonlike en innerlike krag. En op die doelwitte wat jy wil bereik.
  • Probeer om ā€œin die oomblikā€ te leef, om nie op toekomsvrese te fokus nie.
  • Kweek deernis en waardering vir jouself, vir ander en vir jou gemeenskap.
  • Probeer om die beste wat jy kĆ”n wees te visualiseer. En om ’n produktiewe, toekomstige ā€œselfā€ te skep.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.