Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Dankbaarheid is ons grootste verantwoordelikheid,’ het Theuns Stofberg kort voor sy dood gesê

FOTO: godinsport.com

“Een van die grootste lesse wat ek vanjaar geleer het, is dìt wat Psalm 90 ons duidelik leer: Die lewe wat ons gegun word, ongeag die tydperk, is baie kort as ons dit in perspektief sien teen die ewigheid wat voor ons lê. Dat ons uit dankbaarheid moet lewe, is ons grootste verantwoordelikheid.”

Theuns Stofberg (68), oud-Sprinkbokkaptein, se wyse woorde oor sy grootste les vanjaar is ’n aanhaling uit die boek Luister: God se stem in my lewe. Dié nuwe boek bevat Suid-Afrikaanse sportpersone se getuienisse van God se hand in hulle lewe.

Theuns is op 23 Augustus oorlede nadat hy op 22 Augustus in ’n ernstige kop-teen-kop-botsing op die Koelenhofpad (R304) buite Stellenbosch was.

Theuns was vir jare ’n fisioterapeut, maar het later van beroep verander en was tot voor sy afsterwe ’nfamilieberader en -mediator. “Dit is vir my die grootste prestasie om twee persone wat in ’n verhouding is, te help om die gereedskap wat beskikbaar is te gebruik en die uniekheid van elke mens te besef.

LEES OOK: ‘Die dag toe God ingegryp het,’ onthou krieketspeler Mignon du Preez

“Om op so ʼn manier mense, gesinne of families wat besig is om uitmekaar te spat, van hulp te wees sodat daar ʼn ommekeer is, is vir my ’n oneindige beloning en het ewigheidswaarde,” het hy in Luister: God se stem in my lewe genoem.

Theuns se dogter Anzél Rabie, bekend vir haar kykNet-reeks Anzél in die Boland, het op Facebook geskryf: “Rus in vrede sagmoedige reus, my eerste liefde, oupa van Aloha, my kosbare pa.”

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF