Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ek wou nie my drome opgee nie, toe veg ek teen die kanker’ – 16-jarige

“Ek was net 13 toe ek kanker gekry het. Ek wou nie opgee op my drome om deur die wêreld te reis nie. Ek wou nie opgee om eendag my droomwerk te doen nie. Daar was so baie wat ek nog nooit gedoen het nie, en ek het besluit dat kanker my nié gaan stop nie. Ek het ook gedink aan my familie – ek sou hulle te veel mis.”

So gesels die 16-jarige Dzuli Seuntjens van Swellendam oor die wilsbesluit wat sy geneem het nadat sy die skokdiagnose van leukemie gekry het. Sy dink terug aan dié dag in 2020: “Ek het nie ’n groot ding daarvan gemaak nie, want ek het geweet dit sou niks verander nie. Ek was nog altyd iemand wat probeer het om alles in ’n goeie lig te sien, en die diagnose het dit nie verander nie. Ek het positief gebly en elke dag vir myself gesê dat ek deur dit sal kom.”

LEES OOK: Kinderkankervegtertjies se unieke projek: ‘Hou aan veg en kleur in’

Dzuli en haar ouers moes ’n keuse tussen twee tipes kankerbehandeling maak – Erwinase (’n nuwe middel) of ’n stamseloorplanting. Hulle het toe besluit om die nuwe middel te gebruik.

Maar hoewel Dzuli so ’n positiewe uitkyk het, was daar steeds vir haar baie moeilike tye tydens haar kankerbehandeling, veral toe sy die gevoel in haar bene verloor het. “Ek kon glad nie stap, draf of hardloop vir ses maande nie. Ek het vasgedruk gevoel. Ek kon nie beweeg nie (van heupe af ondertoe). Ek kon selfs nie op my eie staan nie.

“Maar, ek het ’n baie waardevolle les geleer. Ons aanvaar wat ons het as vanselfsprekend. Ek is nou beslis meer dankbaar vir wat ek het en wat ek kan doen!”

Haar behandeling was suksesvol en vandag gaan dit baie goed met Dzuli en is sy weer “’n normale tiener” met geen teken van kanker nie. Sy gebruik nie meer medikasie nie en gaan net gereeld vir doktersbesoeke.

Sy wil graag raad gee aan ander kankerlyers: “Ek dink amper alle kankerpasiënte het dit al miljoene keer gehoor, maar moet nooit moed opgee nie. Dit is baie moelik en die behandeling vreeslik lank, maar dit is die moeite werd. Daar gaan dae wees waar die lewe net te moelik is, maar dink aan die toekoms. Dink aan hoe cool jy sal wees as jy met trots kan sê dat jy kanker oorwin het. Dink hoe sterk jy was om so iets ergs te oorwin. Kanker bepaal nie jou lewe nie, jy bepaal dit, so hou aan baklei, want niks is onmoontlik nie.”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF