Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

LiG Getuig: Een glanstydskrif, 43 merkwaardige getuienisse

Wilmien Davin vertel van haar geloofsreis ná die opspraakwekkende Kalahari-brand. Sanél Allerston maak haar hart oop oor die seer nadat haar man selfdood gepleeg het op hulle plaas. Chrisna Verwey skryf ’n hartroerende brief aan LiG-lesers nadat haar twee kleuters in hul motor verbrand het.

Die swaarkry wat dié vroue beleef het, laat jou snak na asem. Maar hulle elkeen se getuienis van hoe God hulle dra, gee jou hoop. Boonop is daar nog 40 ander getuienisse in dié spesiale LiG Getuig-tydskrif wat vanaf 11 April in uitgesoekte Spar-, Checkers- en Pick n Pay-winkels is.

*LiG Getuig kan ook vooraf hier bestel word. Kry 10% afslag op die rakprys van R110. Jy betaal dus net R99, en aflewering is gratis.

Die 74-jarige Koos Kruger getuig: “Daar ís lewe na die dood!” Koos het in 2018 sy hand met ’n hoekslypmasjien (angle grinder) afgesny en daarna het sy hart vir ’n tydperk gaan staan. In die tyd wat die dokter en ander mediese personeel gespook het om sy hart weer aan die klop te kry, vertel Koos hoe hy die hemel besoek het.

Gewone mense van Komatipoort tot Bellville deel hulle buitengewone stories van swaarkry, maar ook hoe God hulle krag in hulle lewenskrisisse gegee het.

Die hartroerende getuienisse het ook elkeen van LiG se redaksielede diep geraak. “Hierdie spesiale uitgawe is nie bloot ’n tydskrif nie; dit is ’n getuigskrif van God se krag in ’n krisis. En dis geskryf deur die dapperste mense wat ek ken: Almal wat hul hart en hul seer met LiG gedeel het,” vertel Maryke Hansen, LiG-inhoudvervaardiger wat ook betrokke is by die getuienis-video’s.

Francine Prins, redakteur van die gedrukte LiG sê: “In dié spesiale uitgawe van LiG loop ’n goue draad deur elke mens se storie wat hier vertel word – dankbaarheid. Elkeen getuig van ’n geloof wat gelouter is tot ’n suiwerheid wat slegs deur swaarkry se smeltkroes vermag kan word. En dan kyk hulle, vol dankbaarheid, na dit wat hulle uit God se hand ontvang het. Dit alles inspireer my om opnuut dankbaar te wees vir alles wat ek van Hom ontvang.”

“Ek wil dankie sê aan almal wat hul getuienis aan LiG toevertrou het. Julle is die helde in ons spesiale uitgawe. Julle leer ons hoe om aan God gehoorsaam te wees,” sê Conette le Roux, webredakteur en redakteur van LiG Getuig.·       

*LiG Getuig kan ook vooraf hier bestel word. Kry 10% afslag op die rakprys van R110. Jy betaal dus net R99, en aflewering is gratis.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF