Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

LUISTER: Jan de Wet se seun Arnold wil vuur vir Jesus met dié lied aansteek

“Ek wou aanvanklik niks met musiek te doen gehad het nie. Die onderwysers het my ‘klein Jannie’ genoem, en ek wou graag my eie identiteit vorm.”

Só vertel Arnold de Wet, seun van die bekende sanger en komponis Jan de Wet.

Maar, lag Arnold, die musiekgogga het wel in die hoërskool gebyt, en toe moes hy maar “oor dit kom”.

Arnold het onlangs, ná twee dekades, weer die musiekwêreld betree nadat hy voltyds in die bediening was. En pas het hy die lied “Praising Jesus” vrygestel.  

Arnold sê die lied se doel is om mense in vreugde te verenig. Hy verduidelik: “Suid-Afrika is vol wonderlike mense, mense wat God liefhet en aanbid. Deur opbouende musiek te skep, soos ‘Praising Jesus’, wil ons ’n vuurtjie aansteek wat vreugde versprei en mense bemoedig.

“Baie van die liedjies wat tans in die kerk gesing word, is stadig en hartseer. Ons wil opgewekte musiek skep, vol geluk en vreugde, wat gelowiges op vele maniere sal verryk.

LEES OOK: ‘God se liefde bedek alle foute,’ sing ma en dogter ná hul moeilike pad

“Namate ons volhou om te sing en te loof, sal hierdie vlammetjie ál groter word en later soos ’n veldbrand deur die wêreld versprei. Dit is wat ons glo.”

Behalwe om sy nuwe album EIGHT28 te finaliseer, waarop ook “Praising Jesus” sal verskyn, beplan Arnold om soveel moontlik op te tree en om groot lofprysings- en aanbiddingsgeleenthede te reël.

Bogenoemde album se titel verwys na Romeine 8:28. Dié vers lui só: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”

  • “Praising Jesus” kom uit Arnold de Wet, Johan Vorster en Jacomien de Wet se pen, en is geïnspireer deur ’n Ron Kenoly-liedjie, “Can’t Stop Praisin”. Die liedjie vorm deel van Inhoud Huis Musiek se nuwe aanbiddingsplatform The Shelter.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF