Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Man roep na ‘Jesus!’ toe 2,5 ton-trekker op hom beland

“Ek het geweet ek gaan nie my kinders of my vrou weer kan sien nie … jy voel dit is nie reg om so dood te gaan nie, maar jy weet dit is jou einde.”

Marnus Coetzee (46), eiendomswaardeerder van die Paarl, was onder ’n 2,5 ton trekker vasgepen toe hierdie gedagtes deur sy kop gegaan het.

Marnus vertel terwyl die trekker se groot wiel bo sy kop gedraai het en hy al dieper in die modder weggesak het, het hy ’n sagte stem binne hom hoor sê: “Sê net die naam van Jesus, sê net die naam van Jesus”.

Hy het eers saggies en toe al harder “Jesus!” uitgeroep. Volgende het sy vrou en sy kinders met hulle bakkie opgedaag. Sy oudste twee het dadelik hulle hande op sy kop gesit en vir hom begin bid. Sy vrou het die trekker afgeskakel en hulp ontbied.

Ure later kon hy uiteindelik by die hospitaal uitkom. Daar het dit geblyk dat net sy regterarm gebreek was. Sy rug en bene was honderd persent buiten vir ‘n paar skrape.

“Dit was net wonderwerk op wonderwerk,” sê ’n dankbare Marnus vandag.

Besoek ons YouTube-kanaal LiG: God se krag in my krisis, met nog merkwaardige video-getuienisse.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF