Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

#Reisevanverlies: ‘Jou nalatenskap is onmeetbaar, maar ek kan nie wag om jou weer in my arms te hou nie’

DEUR CONETTE LE ROUX

“As ek jou maar kon sê wat jy vir my beteken; jy verander steeds my lewe. Jy het ná slegs drie maandjies jou Godgegewe doel op aarde bereik. Deur jou het ek Jesus werklik ontmoet, en ek is só dankbaar.”

Met dié aangrypende woorde beskryf Sulei Eygelaar van Ellisras, Limpopo, die impak wat haar baba Miga se lewe, en sy sterwe, op haar gemaak het.

Sulei vertel dat hoewel haar emosies deurentyd wipplank ry en sy elke dag bewustelik moet kies om op God te fokus, is sy amper dankbaar vir die storm waarin sy beland het. “Dit kan slegs God wees wat dit – die dankbaarheid vir die storm – in my kom openbaar het. Dankie tog Hy is in beheer!”

LEES OOK: #Reisevanverlies: ‘Tien jaar ná my grootste storm sing ek weer ’n loflied’

Ná Miga in 2020 gesterf het, het Sulei haar getuienis met LiG se lesers gedeel.

Intussen het die Eygelaar-gesin Miga se tweede verjaardag op 24 Julie gevier.

Die Eygelaar-gesin het Miga se tweede verjaardag op 24 Julie met \’n verjaarsdagpartytjie gevier. Foto verskaf

Sulei, wat vertroosting in die neerskryf van haar gedagtes vind, het die volgende ná Miga se partytjie geskryf: “Jou nalatenskap is onmeetbaar, onvervangbaar en onvergeetlik. Ek kan nie wag om jou weer te sien nie, om jou weer in my arms te hou nie. Om jou nooit te laat gaan nie – en ek hoef ook nie, want dan is ons in die Ewigheid.”

Daniël (4), is volgens Sulei ’n gelukkige seuntjie wat baie trots is op sy boetie in die hemel, en op sy nuwe babasussie Esra. Foto: Maryke Erasmus

Sulei vertel dat God ook vir hul gesin “’n reënboog” gestuur het – hul dogtertjie Esra wat op 28 September 2021 gebore is.

“Dis God wat my elke dag toerus met die lewenslus, hoop en vreugde om voort te gaan. My fokus sal op God wees en op Hom bly. Ek glo dat ek sal bly groei, en dat ek ’n boodskap van hoop en herbou, net soos in die Bybelboek Esra, aan ander sal uitdra.”

“Jou nalatenskap is onmeetbaar, onvervangbaar en onvergeetlik. Ek kan nie wag om jou weer te sien nie, om jou weer in my arms te hou nie. Om jou nooit te laat gaan nie – en ek hoef ook nie, want dan is ons in die Ewigheid,” sê Sulei. Foto verskaf

“Dit gaan goed met my en my gesin. Ons beleef nuwe vreugde en hoop. Ons kan nie anders as om ons as geseënd te beskou nie. Ons loop oor van dankbaarheid. Ons verstaan steeds nie alles nie, maar ons vind vrede in die wete dat God in beheer is. Ja, selfs in daardie nag wat Miga oorlede is.”

Die Eygelaars se oudste, Daniël (4), is volgens Sulei ’n gelukkige seuntjie wat baie trots is op sy boetie in die hemel, en op sy nuwe babasussie.

“Ons sal altyd ’n gesin van vyf wees. Ons het drie kinders; een is reeds in die hemel. Ons moet nog daar kom.

“Miga, jy is gelukkig.”

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF