Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Wat help vir angsaanvalle? En ander raad van angslyers en kenners

Wat help vir angs?

Angsversteuring is ’n uitmergelende siekte wat volgens kenners al hoe meer kop uitsteek. LiG het al met verskeie angslyers sowel as kundiges hieroor gesels, en veral gevra: “Wat help vir angs?” Nou kan jy al dié kosbare inligting op een plek kry.

My angs: ‘Ek het eers gebid God moet dit wegneem …’

Friedel Olckers, ’n 35-jarige spesialis-terapeut van die Paarl, het met angs kennis gemaak toe sy as student erge akademiese druk ervaar het. Sedertdien is haar angs ná sy getroud is deur verskeie dinge aangebring – onder andere, haar man en twee dogtertjies se gesondheid. Maar, vertel Friedel, sy het geleer om haar angs “in die oë te kyk” en suksesvol te bestuur.

Friedel vertel sy het eers gebid dat God haar angs wegneem, maar vandag kan sy vanuit haar ervaring hoop bring. Kyk dié video-onderhoud vir kosbare wenke vanuit ’n sielkundige en pastorale oogpunt.

Wat help vir angs? ‘Besef dis ’n mediese probleem soos diabetes’

“Ek het reeds op skool angsversteuringsimptome ondervind, maar dis nooit reg gediagnoseer nie. Angs het my maag­spasmas besorg, in so ’n mate dat ek op ’n keer tydens ’n eksamen flou geword het. Dié maagspasmas het die laaste twee jaar in die hoërskool ’n groot probleem geword.”

Só vertel Martie Swanepoel, bekende joernalis, skrywer en tekstielkunstenaar. Haar skooldae was ’n beproewing. “Ek was vreesbevange vir ’n onderwyseres wat my geboelie het. My ma moes my dokter toe neem.

“Op universiteit het hierdie probleem kleiner geword, en toe ek as joernalis by Beeld begin werk het, nóg kleiner. Selfs al moes ek toe oor misdaad en onluste verslag doen. Ek dink dit was omdat die geweld nie op my persoonlik gerig was nie. Martie se angsaanvalle het ná ’n erge traumatiese ervaring in 2006 weer begin kop uitsteek. En sedert haar man Johan se dood in 2008 het dit verhewig.

Lees Martie se volle storie hier.

’n Angsaanval voel soos ’n hartaanval

Sommige angslyers kry paniekaanvalle. Dit is ’n intense belewenis wat soos ’n hartaanval of ʼn beroerte-aanval voel. LiG het mense gesels wat eerstehandse ervaring hiervan het en het by kundiges ingeloer oor wat help vir angs en angsaanvalle.

“Ek kry verskriklik warm; dit is asof ek nie asem kry nie. Terselfdertyd voel dit asof my kop heeltemal deurmekaar is; ek weet nie waar ek is nie.”

Só beskryf Natasha Brink* (60) van Bethlehem die paniekaanvalle wat sy reeds sedert 1995 ervaar.

Vir Hannelie de Kok* (34) van Secunda, wat in 2006 hiermee gediagnoseer is, lyk ’n tipiese paniekaanval só: “Ek begin duiselig voel, my hart begin baie vinnig klop. My bors trek toe en dit voel asof ek nie asem kry nie.”

Wilhelm Bester* (33) van Worcester vertel: “Ek sweet vreeslik en kry ontsettend warm. My hart klop asof hy uit my borskas gaan spring. Dit voel asof ek doodgaan.”

Lees die res van die artikel hier.

Wat help vir angs by kinders? Hoe kan ’n ouer help?

Kenners is dit met mekaar eens dat angs- en depressiesimptome by kinders wêreldwyd geweldig toeneem. LiG het met ’n spelterapeut en ’n aktrise gesels wat albei op ’n daadwerklike manier help om kinders se psigiese welstand te verbeter.

Verlies, prestasiedruk en die uitwerking van sosiale media. Voeg daarby die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd angs- en depressiesimptome by kinders jonger as 18 jaar byna verdriedubbel het.

Beskik hulle oor die vaardighede om dit alles te hanteer? En, indien nie, hoe gaan hulle dit aanleer? Twee mense het besluit om hulle, en hul ouers en onderwysers en terapeute, daadwerklik daarmee te help.

Lees die artikel met die kenners se raad hier.

Nog leesstof en raad oor angs:

n Terapiehond kan verlammende angs in iets positiefs verander

Bestuur jou angs en kommer met dié Bybelse raad

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF