Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

By God is alles moontlik

Liza Daniells se storie begin soos dié van baie ander gemolesteerde kinders. Die slagoffer van seksuele misdade, is gewoonlik ’n familielid of vriend van die gesin. In Liza se geval, die bure se tienerseun. Liza en haar gesin, het in ’n gemiddelde buurt in Bloemfontein gebly. Die kinders het oor en weer gekuier. *Johan was reeds in die hoërskool en het sy oog op Liza gehad. Liza was destyds maar agt jaar oud, en het weinig in seuns belang gestel. Een middag het hy haar agter in die erf vasgedruk en haar begin betas. Dit was die begin van Liza se 26 jaar pad van hel. As sy vandag terugkyk, weet sy nie hoekom sy nie vir haar ma of pa vertel het nie. Johan het egter gedreig dat hy hul sal doodmaak as sy wel met hulle praat. Vandag besef sy hoe leeg sy dreigemente was, maar as kind het jy geglo jy moet jou ouers beskerm.

 

Liza onthou dat sy altyd vuil gevoel het. Sy was ’n vrolike kind, met ’n erge verbeelding. Sy het na aan die Here geleef, en gereeld met hom gepraat. Maar na die molestasie begin het, het sy gevoel daar is ’n muur tussen haar en God. Hy was haar hero, en skielik kon sy nie meer met Hom praat nie.

 

Die stories het vinnig versprei. Sy is gou as ’n “maklike” meisie geteiken. Nie dat Liza destyds geweet het wat dit beteken nie. Haar mat was onder haar uitgeruk. Sy is al hoe meer uit groepies geskuif. Sy het geweet sy moet ’n plan maak. Liza het detyds probeer om met ’n predikant te praat, maar die het haar nie geglo nie. Moedeloos het sy besluit dat sy self by die Here moet uitkom. In haar verbeeldingryke wêreld was Bethal, die poort van die Hemel. Dit het seker vir haar soos Betlehem geklink. Sy het ’n padkaart in die hande gekry, en na skool moedeloos voor die skoolhek sin van die kaart probeer maak.

 

’n Vriendelike man met ’n kruis in sy oor, het vir haar soos die antwoord op haar gebed gelyk. Die kruis was wel onderstebo, maar Liza het geglo hy het seker sy oorbel haastig ingesit. “My ma het ons altyd gewaarsku om nie saam met vreemde mense te ry nie, maar die man was so vriendelik en hy het belowe om my na Bethal te neem. Ek was desperaat om by Jesus uit te kom. Ek wou net weer skoon voel.”

 

Liza het later die middag tussen wit satynlakens wakker geword. “Ek onthou vaagweg dat hy ’n sakdoek voor my mond gehou het.” Dit het heel moontlik morfien bevat. Van Bethal, was daar geen teken nie. “Die dag het my lewe verander. *Peter en sy vrou, *Muriel, het my “ingelyf”. Dit was die eerste stap om my as prostituut op te lei. Liza is later die middag naby haar huis afgelaai. Vandaar het ’n roetine begin. Liza is daagliks by die skool opgelaai. Haar ouers het geglo dat sy aan heelparty buitemuurse aktiwiteite deelneem.

 

Seksindikate sorg dat hul ’n houvas op jou kry. “Hul het my liefde vir diere gebruik om my stil te hou. Peter het ’n hondjie voor my doodgemaak, en gesê dis wat met my familie sal gebeur, as ek met iemand praat.”

 

Liza se dae het in mekaar gevloei. “Ek was ‘n leë dop, ’n sombie.” Dwelms het later bygekom, en Liza is aan satanisme blootgestel. Haar doel was om die jeug vir satan te wen. “Ek moes kinders korrup maak, chaos veroorsaak en sorg dat God geen invloed of plek in kinders se lewens het nie.” Liza se dae was gevul met seks en dwelms. “Dit was nie gewone seks nie, ek moes heeltyd weird goed doen. En as ek my teësit, word ek gestraf.” Dan is sy ure lank in ’n doodskis toegesluit.

 

Die keerpunt in Liza se lewe was die dood van haar ma. Sy is in 1997 aan kanker oorlede. “Sy was my enigste anker. Toe ek op 9 April, nege uur die aand die oproep van Hospice kry, het ek op my knieë neergeval en gebid. “Vader, vergeef my. Ek het myself weer soos ’n klein dogtertjie aan hom oorgegee”.

 

Vir Liza was dit ’n wonderwerk. Sy het opgestaan, en van die sindikaat weggestap. Ook van sigarette, drank en dwelms. “God het my verlos.” Die pad na herstel, was egter nie maklik nie. Die sindikaat los nie sommer een van hul lede nie. Sy het vele dreigoproepe gekry, is aangerand en het als verloor. Sy moes van vooraf weer begin. Vandag is sy twintig jaar verlos van die die pyn en seer van haar grootwordjare en kan sy getuig van God se groot genade.

 

“As ek ander raad kan gee, praat. Praat, tot iemand luister. As ek vroeër gepraat het, sou my lewe heeltemal anders gewees het.” Maar sy weet ook, God was al die jare daar. “Hy het my uit die donkerte kom red. As Hy my kon vrymaak, kan Hy dit vir enige persoon doen.”

 

*Skuilname gebruik

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF