Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

By God se voete, en met hul laaste R100, waag Elmarie ’n kans

“Ons was in groot moeilikheid,” onthou Elmarie Berry oor die dag waarop haar man Thian vaal in die gesig by die huis ingestap het. Die vliegskool in Port Alfred waar hy gewerk het, het sy salaris met soveel verminder dat hulle slegs genoeg geld gehad het om hul huispaaiement maandeliks te bekostig. Daar sou geen geld oor wees vir kos, brandstof of enige iets anders nie.

Maar, vertel Elmarie, haar manier om die slegte nuus te verwerk, was om dadelik voor die klavier in te skuif en die Here te loof.

“Daarna het ek gedoen wat ek kon: Ek het gebid! In daardie einste week het drie verskillende mense my dieselfde Skrifgedeelte gegee – 2 Konings 4, wat handel oor die weduwee se kruik. Oor Elisa wat haar gevra het wat sy in haar huis het. Ek het my afgevra: Wat is mý olie? Wat kan ek doen?”

Die volgende dag het dié donkerkop hulle gesin se laaste R100 gevat en bestanddele vir lasagne gaan koop …

Klik hierbo vir episode 12 van ons nuwe YouTubekanaal LiG: God se krag in my krisis.
Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF