“Jy gaan in ’n fase van ontkenning dat hierdie nou jou lewe is wat gebeur. En dan besef jy as ouer dat jy niks hieraan kan doen nie. Vir ’n lang tyd werk jy deur daardie emosies. My en my man se grootste prioriteit was om vir Chris die beste tyd van die lewe te gee …”
Celeste Truter onthou die fases van aanvaarding ná die skoknuus dat haar 11-jarige seun, Chris hartversaking het. Slegs ’n hartoorplanting sou hom kon red.
Celeste Truter en haar man Hugo se tweelingseuns is op 36 weke gebore. Basson was blakend gesond, maar Chris het ’n halwe hart gehad en het reeds op agt weke ’n opehartoperasie ondergaan.
Die Truters van Wellington se lewe was daarna besaai met hospitaalbesoeke en nog operasies. Jare later, tydens ’n vakansie in Botswana in 2017, het hulle met ’n skok uitgevind dat Chris veel sieker is as wat hulle gedink – hy het hartversaking gehad.
Die oproep van hartchirurg Susan Vosloo op ’n Sondagmiddag het die uitkoms gebring. “Daar is ’n hart vir Chris,” was dié bekende dokter se eerste woorde.
Op Maandag 19 Februarie 2018 is die 13 uur lange operasie voltooi wat Chris se lewe verander het.
“Dit was die langste 13 uur van my lewe,” onthou Celeste.
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.