Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ek het so klein gevoel’ – vrou nadat 35-jarige man skielik sterf

“Ek het uitgestap en so klein gevoel,” onthou Madré Kohn van die oomblik wat die mat onder haar voete uitgeruk is.

Sy en haar 35-jarige man Jody het nog ’n ruk gelede in die tuin by hulle huis op Wellington gewerk. Voor dit het hulle die oggend saam langs die atletiekveld gestaan. Nou het sy voor die Paarl Medi-Clinic gestaan nadat sy gehoor het haar man is oorlede.

Hoewel sy só geskok was en eers ordentlik van haar man wou probeer afskeid neem, het dié moeilikste ding wat sy nog ooit gedoen het, gewag: Op Saterdag 5 Maart 2022 moes sy vir haar twee jong seuns gaan vertel hulle pappa kom nie terug nie.

Madré moes ook sedert daardie tragiese dag voortgaan met haar lewe. “Dit was vir my baie moeilik. Een van die groot redes was omdat Jody ’n ongelooflik betrokke pa was. Hy was die een op die skool se WhatsApp-groepies,” vertel sy.

Maar sy het nie opgegee nie en maniere gekry om te probeer “cope”.

“Ek het dinge vereenvoudig …”

Kyk hierbo na Madré se volle getuienis en lees meer oor die dinge wat haar gehelp het om kop bo water te hou.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.