Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ek is Konette, ’n predikant, en leef (’n vol lewe) met depressie’

“Hier was ek, 26 jaar oud, pas in die bediening en ek is in die – en ek gaan hierdie nou in aanhalingstekens sit – ‘malhuis’.”

So gesels Konette van Rooyen, ’n jong predikant van Vredenburg, eerlik oor haar pad met depressie.

Haar eerste opname in ’n kliniek vir geestesgesondheid, vertel Konette, was vir haar moeilik. Veral omdat sy as predikant gevoel dit is veronderstel om goed met haar te gaan. Sy noem dat sy ook nie heeltemal vrywilliglik opgeneem is nie, maar later aanvaar het dat dit die beste vir haar is.

LEES OOK: Selfdood: 2024 se mees gelese getuienis ontlok oorweldigende reaksie

Maar, sê Konette, sy het gou besef dat dié opname haar goed doen. Sy het ’n klomp praktiese gereedskap gekry wat sy vandag steeds vir haarself en in haar bediening gebruik.

Toe Covid-19 egter sy kop uitsteek in 2020 het Konette persoonlike trauma ervaar toe sy deur ’n egskeiding gegaan het. “Ek moes uittrek uit my huis en twee weke later alleen die inperking-tydperk ingaan. Almal van ons het in daardie tyd ons eie uitdagings gehad … Maar dit het my gevat na ’n donkerder plek en ek is weer opgeneem in die kliniek. Dié keer het ek gekies om soontoe te gaan.

“Ek het weer gaan soek vir tools en ’n oomblik om asem te haal in dié chaotiese wêreld.”

Konette lag en sê: “Partykeer wens ek dat ek ’n USB-stokkie in my kan druk en die persentasies bepaal van hoeveel is depressie, hoeveel word veroorsaak deur ’n moeilike tyd waardeur jy gaan en hoeveel is net jou gewone maandelikse hormone. Sodat ek net kan weet wat aangaan.

“Ek is nie ’n sielkundige nie maar ek het tog geleer in ’n rigting waar jy mense moet kan lees. En waar jy mense moet help waar hulle in die lewe swaarkry. Ekself het selfdoodgedagtes gehad, ek het dit nie gesien as depressie nie. So dis waarvoor ons die mediese, professionele mense in ons lewe nodig het.”

Konette deel die wenke wat vir haar werk. “Die eerste ding is dat jy, wanneer jy van jouself praat, jou taal mooi moet kies. En meer vir jouself moet sê: ‘Ek lewe met depressie óf angs óf wat ook al. Want jy kán ’n vol lewe saam met dit hê, dit is nie die einde van die pad nie.

“Daar is hoop daarin dat die Here wat ons dien slegte goed in ons lewe kan gebruik om mooi voort te bring. Dit maak nie die sleg minder sleg nie. Maar hy maak die mooi soveel mooier as wat die sleg is. So wanneer ons fokus op die mooi gaan ons meer sy hand, en minder van die sleg, sien. Dan kán ons ’n vol lewe saam met God leef.”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF