Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Geen hoop vir baba met breinkanker, maar God hou sy beloftes

Die 55-jarige Norval Kriel en sy 45-jarige vrou Madelaine se storie is gebou op โ€™n fondament van onwrikbare geloof in โ€™n God wat sy beloftes hou.

In Januarie 2014 het hulle gemerk dat hul klein Ruben se skedel groter is as diรฉ van sy tweelingsussie Kara.

Norval vertel: โ€œOns het hom na โ€™n neurochirurg geneem vir โ€™n kliniese ondersoek. Die dokter het ons egter gerusgestel en gesรช dat sy skedel steeds โ€™n normale kurwe vertoon, al was dit hoรซr as gewoonlik.

โ€œAlhoewel daar klinies niks met Ruben geskort het nie, het hy tog stadiger as sy sussie ontwikkel. Ons het dit toegeskryf aan die feit dat seuns dikwels stadiger vorder as dogters.โ€

LEES OOK: โ€˜Ek sal altyd sy Naam uitjubelโ€™ getuig ouma nadat kleinkind twee keer โ€™n hartstilstand oorleef

Ruben het egter รกl stiller geword. Hy het nie meer gelag nie en het traag voorgekom. Hy het dikwels sy kop agteroor getrek. Sy spelery met Kara het opgehou en hy het lusteloos bly lรช.

Norval vertel: โ€œEk het gereeld vir Ruben die hande opgelรช en gebid vir genesing.โ€

Ruben was toe sewe maande oud.

Madelaine onthou hoe hy eensklaps ophou spring het in sy bonsstoeltjie, en bloot daar gehang het, so asof hy โ€œafwesigโ€ was.

Kort daarna het hy begin braak. Hulle is dadelik na hul pediater en diรฉ het weer die omtrek van sy skedel gemeet. Omdat die omtrek aansienlik toegeneem het sedert die vorige keer, is daar besluit om hom in die hospitaal op te neem.

Norval onthou: โ€œHulle het onmiddellik met toetse begin en Ruben het รกl lusteloser geword. Madelaine het in die hospitaal by hom geslaap; sy was deurentyd by hom. Ek het soms ingegaan om vir hom sy bottel te gee, en net om na aan hom te wees.

โ€œEen middag het Madelaine my gebel en gesรช ek moet dadelik hospitaal toe kom, Ruben was grys in die gesig.โ€

Met Ruben se koms in die hospitaal was hy baie siek. Hy kon nie sy kop beweeg nie, hy kon nie sluk nie. Die gewas se tentakels het al diรฉ soort funksies belemmer. Hy is deur โ€™n buis gevoed ten einde sy gestel op te bou met die oog op die chemoterapie. Foto verskaf

โ€˜Die oomblik toe ek my kind volkome aan God oorgegee hetโ€™

Toe Norval by die hospitaal opdaag, was die dokters gereed om โ€™n breinskandering te doen. Ruben was so sonder energie dat daar nie eens verdowing nodig was nie.

Die skandering het uitgewys dat โ€™n dringende breinoperasie uitgevoer moes word. Ruben is met hidrokefalie gediagnoseer, vog op die brein. Dit is veroorsaak deur โ€™n massa wat op die serebellum teenwoordig was.

Norval vertel: โ€œHulle het besluit om โ€™n uitwendige serebrospinale vloeistof-omleiding (โ€˜shuntโ€™) in sy skedel te plaas en van die vog te dreineer om sodoende sy lewe te red. Ek was emosioneel verwyder van die trauma wat voor my afgespeel het; ek het bloot werktuiglik gereageer.

โ€œDit was totdat ek Ruben in die teater ingedra en die twee neurochirurge langs die operasietafel sien staan het. Toe het ek net weerloos gevoel. Maar ek was terselfdertyd ook reg om te aanvaar wat ook al oor my pad sou kom.

โ€œDit was die oomblik toe ek my kind volkome aan God oorgegee het.โ€

โ€˜โ€™n Plekkie eenkant, om stil te wordโ€™

Die gesin se geestelike leiers het saam met hulle kom bid terwyl die twee uur lange operasie aan die gang was. Die operasie was โ€™n sukses.

Maar dit was nog nie die einde van die reis nie, nie naastenby nie. Daar was wel โ€™n klein opflikkering toe Ruben, nรก โ€™n maand in die hoรซsorgeenheid, geglimlag het.

Norval en Madelaine het in hierdie tyd โ€™n WhatsApp-groepie op die been gebring ten einde die baie mense wat navraag gedoen het gereeld oor Ruben se vordering in te lig.

Ook dit was nie probleemloos nie. Norval vertel: โ€œSoms word mense se empatie verwring deur hul eie belewenis van siekte en dood. Ons wou net stil wees, ons wou in God se vrede bly.

โ€œEk het in hierdie tyd vir my โ€™n plekkie eenkant ingerig om stil te word. My Bybel was daar, en โ€™n foto van Ruben, en โ€™n brandende kers. Dit is waar ek die Here daagliks ontmoet het en waar ek krag gekry het vir die moeilike pad. Ek het baie gebid en ook soms gehuil, maar ek was nooit kwaad vir God nie.โ€

Madelaine en Norval het baie tyd in die kapel by die hospitaal deurgebring. Hier kon hulle rustig word en God se genade ervaar.

Dit was hier waar Madelaine โ€™n spesiale boodskap van die Here ontvang het. By drie geleenthede het sy haar Bybel by diรฉ belofte oopgemaak: โ€œMy siel, keer terug tot jou rus, want die Here het goed aan jou gedoenโ€ (Ps 116:7).

โ€˜โ€™n Aggressiewe soort breinkankerโ€™

Hierna het โ€™n MRI-skandering gevolg. Dr Elize Basson, pediatriese narkotiseur, ook โ€™n lid van hul gemeente, het gesรช dat sy geen hoop vir die seuntjie gehad het nie. Sy sou Ruben later as โ€œโ€™n wonderwerkโ€ bestempel.

Norval vertel: โ€œDie skandering het gewys dat die massa oor die hele serebellum versprei was. Die dokters het besluit om ook โ€™n biopsie te doen, en terselfdertyd โ€™n permanente serebrospinale vloeistof-omleiding.

โ€œRuben is nรก die biopsie met medulloblastoom gediagnoseer, โ€™n aggressiewe soort breinkanker, wat toe reeds in die vierde fase was.โ€

Omdat die massa die brein geรฏnfiltreer het, kon dit nie chirurgies verwyder word nie. Boonop was die kanker reeds besig om na die rugmurg te versprei. En die breinvloeistof was vรณl kankerselletjies.

Ruben was te jonk vir bestraling; dit het chemoterapie as die enigste opsie gelaat. Hy is na Tygerberg-hospitaal oorgeplaas, waar โ€™n lang pad met chemoterapie op hom gewag het.

Norval en Madelaine onthou diรฉ tyd soos gister. Buiten al die uitdagings wat Ruben se siekte meegebring het, moes hulle steeds voltyds werk. Gelukkig was daar โ€™n baie gewillige ouma en oupa wat na klein Kara help omsien het.

Madelaine sรช: โ€œEk kan my ouers nooit genoeg bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en liefde nie. Hulle het doodgewoon โ€˜oorgeneemโ€™ as ons dogtertjie se ouers.โ€

Die Kriels is ook dankbaar vir โ€™n goeie mediese fonds, wat die finansiรซle druk verlig het.

In Tygerberg-hospitaal is daar presies aan hulle verduidelik wat die prosedure behels. Met hierdie kennis was die verwagtinge duideliker omlyn. Dit was egter hul geloof wat hulle in daardie moeilike tyd geanker het.

Ruben was reeds baie siek: Hy kon nie sy kop beweeg nie, hy kon nie sluk nie. Die gewas se tentakels het al diรฉ soort funksies belemmer. Hy is deur โ€™n buis gevoed ten einde sy gestel op te bou met die oog op die chemoterapie.

โ€˜Mรดre sal die son weer skynโ€™

Toe, op โ€™n dag, sรช die dokter vir Madelaine dat sy Ruben na die hoรซsorgeenheid gaan oorplaas en hom met behulp van morfien gemaklik sal hou. Sy het ook gereken dat chemoterapie nie meer โ€™n verskil sou maak nie.

Madeleine het dit as โ€™n doodsvonnis beskou.

In hierdie donker tyd in hul lewe onthou hulle โ€™n roerende ervaring in saal G3 van Tygerberg-hospitaal se kanker-eenheid. Suster Marang het saans, nadat sy van diens gegaan het, haar kitaar geneem en vir elke kind in die saal gesing. Ruben se liedjie was โ€œMรดre sal die son weer skynโ€.

Tot vandag toe, sรช Norval, maak diรฉ liedjie hom emosioneel, laat voel dit hom broos.

In diรฉ tyd het Norval ook โ€™n spesifieke teksvers ontvang. Dit was Handelinge 3:16, wat sรณ lui: โ€œDit was op grond van geloof in die Naam van Jesus dat sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak het. En die geloof wat deur Jesus kom, het in julle almal se teenwoordigheid hierdie volkome genesing aan hom gegee.โ€

โ€œHoor dit!โ€ sรช Norval. โ€œNie gedeeltelik nie, maar volkome.โ€

Nรก drie chemoterapie-sessies was daar slegs drie nodules op Ruben se brein. En volgens die dokter was dit bloot letsels wat oorgebly het. Vandag is Ruben 11 jaar oud en blakend gesond.

Hy het โ€™n besonder mooi geaardheid. As gevolg van fynmotoriese uitdagings en โ€™n effense balansprobleem, alles oorblyfsels van sy kankerstryd, gaan hy skool by die Paarl-skool vir kinders met neurale en liggaamlike gestremdheid.

โ€œDalk is daar ouers in โ€™n soortgelyke situasie as ons sโ€™n,โ€ sรช Norval. โ€œVir hulle wil ek sรช: โ€˜Wees dankbaar in alles. Dit is wat ek geleer het in โ€™n staatshospitaal, waar daar soveel mense was wat soveel swaarder gekry het as ons.โ€™

โ€œGeloof maak dinge nie noodwendig maklik nie, maar dit maak dit moontlik.โ€

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieรซl die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF