Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘God se krag en goedheid was by my in in élke krisis’

“Ek het God se krag, sy liefde en goedheid in elke krisis in my lewe beleef.”

Só getuig Lodri Verhoef (66) van Malmesbury ten spyte daarvan dat krisisse reeds as kleuter aan haar deur kom klop het.

As klein dogtertjie in Kroonstad is sy en haar sibbe verwaarloos, aan drankmisbruik blootgestel en later deur ’n maatskaplike werker van hulle ouers weggeneem. Ongelukkig is die vier sibbe in die proses van mekaar geskei. “As ek nou terug kyk, besef ek my ouers was net te jonk om na my om te sien. Ek het geen kwade gevoelens teenoor hulle nie. 

“Ek is later deur lieflike mense aangeneem waarvoor ek baie dankbaar is,” vertel Lodri.

Baie later in haar lewe, op 24 Julie 2011, het die grootste krisis Lodri egter getref. Haar enigste seun, Louis is in ’n motorongeluk oorlede. Sy vertel roerend van die aand ná sy dood toe haar man André vir haar gesê het hy is so jammer, want hy weet hoe lief sy hom gehad het. “In daardie oomblik het ek net besef hoe lief ek hom ook gehad het, dat God hom nog liewer het as ek. En God is in beheer en God is goed.”

Lodri het egter steeds nie hoop verloor nie, omdat God haar vertroos het. Maar, sê sy, haar liggaam het swaargekry …

Kyk hierbo na Lodri se volle verhaal in episode 11 van ons splinternuwe YouTube-kanaal LiG: God se krag in my krisis.


Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF