Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

\’God verhoor ons gebede, klein en groot,\’ sê pensionaris

’n Pensioenaris wat graag anoniem wil bly, deel met ons haar getuienis van onlangse gebede wat God verhoor het.

Lees nog getuienisse hier.


Ek loof en prys die Here vir drie gebede wat Hy binne ’n week verhoor het.

Eertens kon ek vir my ’n WiFi-router koop en die Airtime Providers het vir ’n goeie uur gesit om dit aan my slimfoon en skootrekenaar te koppel. Tuis was ek nuuskierig om te sien hoe dit werk. Na ’n groot gesukkel het ek hulle gebel, maar hulle kon my na ’n halfuur nog nie help nie – ek bly op ’n ander dorp. Ek was moedeloos, om die minste te sê.

Ek besef toe met skaamte dat ek nog nie met Vader daaroor gepraat het nie. Ek het dadelik gebid: “Vader, U weet dat ek baie min weet van ’n rekenaar se binne-werke. Toe ek nog in ’n beroep gestaan het, het ons IT-bestuurder dié dinge gedoen. Help my asseblief en jammer dat ek nie eerste na U gekom het nie.”

Ek het weer na die rekenaar gegaan en God het my letterlik stap-vir-stap laat sien wat ek moes doen. Binne vyf minute kon ek ’n epos aan die Airtime Providers stuur om te getuig dat God steeds gebede verhoor. Nie omdat my geloof so groot is nie, maar omdat ons ’n groot God aanbid. Hy het in liefde geantwoord.

Tweedens het ek per ongeluk iemand anders se motor teen ’n paal geskuur en sy was ongelukkig daaroor. Ek het haar verseker dat ek dit sou laat regmaak. By die paneelklopper gekom, het die eienaar en sy vrou buite die kantoor gestaan en gesels. Die vrou was baie angstig, omdat sy haar handsak met kaarte en geld verloor het. Hulle het óral daarvoor gesoek: by die huis, in die kantoor en in albei hulle motors. Ek het gevra of ons saam kon bid en sy wou weet: “Sommer hier”?

Ek het geknik en in ’n kort gebed teenoor Vader bevestig dat sy baie angstig is en kan sy asseblief haar handsak kry voordat hulle vanaand gaan slaap. ’n Ander kliënt het die bestuurder se aandag benodig en ek het buite gaan wag. Sy vrou is intussen weer huis toe. Toe haar man uit die kantoor kom, lig hy my glimlaggend in dat sy vrou haar handsak gekry het. Dit was op ’n heel waarskynlike plek in die huis, waar hulle nooit gekyk het nie. Ons het God sommer net daar geloof en geprys! Wat ’n wonderlike God aanbid ons nie.

Derdens, in dieselfde week, het ek, as pensionaris, nie geweet waar ek die geld sou kry om vir die herstel van daardie motor sou betaal nie.

Die middag ná ek die motor geskraap het, bel ’n kerksuster van ’n ander dorp my redelik onverwags. Niémand het van my dilemma geweet nie. Nadat sy my gevra het hoe dit gaan en ek positief geantwoord het, vra sy op die man af: “Hoe gaan dit met jou geldsake?”

Ek was só verleë om haar eerlik te vertel. Al was die verf net op twee klein plekkies af, het ek die skade op sowat R500 geskat. Sy het nie kommentaar gelewer nie, maar die volgende dag kry ek ’n SMS van my bank dat sy vir my R 1 000 inbetaal het. Ek het haar elektronies bedank en van blydskap gehuil.

Ons aanbid ’n wonderlike Skepper en ek glo Hy wag dat Sy kinders hulle behoeftes na Hom toe bring. Ek tree graag vir ander in gebed. Of jy siek is, of dalk finansieel nie die mas opkom nie, onthou: God hoor elke opregte gebed en laat álles ten goede meewerk vir Sy kinders, soos Romeine 28:8 belowe. Een van die redes daarvoor? Gaan lees ook vers 29. Ons almal benodig sterkte in hierdie veranderende tye – God voel saam met ons.


Lees nog getuienisse hier.


 

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF