Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Heilige oomblikke tydens grendeltyd

Kinders met maskers

DEUR LIZETTE VAN NIEKERK

Grendeltyd. Wat ‘n vreemde gedagte nie? Alles is so onbekend. So vreemd.

Die week voor die inperking was hier in Ladysmith KwaZulu-Natal ‘n taxi-staking en talle mense was gestrand sonder vervoer. Hulle kon nie by die werk kom nie en die winkels het hul deure gesluit, want almal was bang vir die moontlike geweld en plundering. Ek is bestuurder by die Môrester Kinder- en Jeugsorgsentrum. Die kinders het nie skool bygewoon nie en ons was eintlik alreeds sonder keuse – ingeperk.

Maar dit was ook tyd dat die skole sou sluit vir vakansie en soos gewoonlik het talle kinders kom vra of hulle na hul familie toe kan gaan vir die vakansie. Grootoog het hulle geluister wanneer ons verduidelik dat dit ‘n onseker tyd is en dat ons hulle graag wil probeer beskerm. Almal is geleer van hande was en ontsmet om hulle teen COVID-19 te beskerm.  Ons het self begin maskers maak van kombuispapier soos ‘n waaier gevou en verder rekkies en ‘n stapler gebruik. Uiteindelik het ons besef dat niemand gaan nêrens nie. Ons gaan saam deur hierdie tyd.

Maar dis ook Paasfees en in my kop maal dit, want hoe gaan ons vir die kinders iets van hierdie besonderse tyd laat verstaan? Ek het saam met my man, Manie, gepraat en beplan. Die maatskaplike werkers en kinderversorgers het ook saam gepraat en saam gedink.

Ons weet een ding en dit is dat ons graag nagmaal tydens Paasfees saam wil gebruik. Die personeel voel die middagete op Goeie Vrydag moet spesiaal wees. Hulle beplan die spyskaart en ons doen die aankope. Die saal word mooi gemaak en die tafels gedek. Die erediens word versigtig beplan en ‘n program word opgestel. Kinders en grootmense kry ‘n taak om die sewe kruis woorde te lees, uit te beeld en te verduidelik. Daarna gebruik ons almal saam nagmaal. Elkeen het ‘n houertjie rooi druiwesap en ‘n stukkie brood. Mkhulu, soos Manie deur almal by Morester genoem word, stel die Nagmaal in….in Zulu en hier en daar ‘n Engelse woord, maar dis ‘n gewyde , onbeskryflike voorreg. En ek hoor in my gedagtes hoe die Engele in die Hemel saamsing toe ‘n groepie dogters ‘n lied sing en daarna almal daarby inval en die Here loof vir Sy Genade Offer. Manie het later getuig dat hy, al is hy Zulu vlot magtig , ervaar het dat die Heilige Gees die woorde net laat vloei het.

‘n Feesmaal word bedien en almal smul heerlik, want die “tannies” het al vroegdag begin kook en het geen moeite ontsien nie.

Kinders beleef nagmaal
Die kinders sit aan die nagmaaltafel met elkeen \’n sappie en broodjie.

Saterdagoggend vroeg werfskaf ons om gereed te maak vir ‘n verrassing. ‘n Gesin kom die kinders bederf met ‘n paaseier-skattejag, mooi versierde pakkies met allerlei lekkernye en die mooiste koeke, wat gemaak is uit kolwyntjies en koeldrank. En ek buig in aanbidding voor ons Vader en uiter net ‘n dank gebed vir soveel liefde van ‘n gesin, wat net wil omgee.

Sondag oggend breek aan en dis Opstandingsondag en ons moet dit vier! Almal is weer mooi aangetrek en vol afwagting. Ek bring die boodskap (in Engels!) uit Johannes 20: 1-18. Ek vertel die storie met behulp van’n stel gekleurde plastiek eiers. In elke eier ‘n simbool van die kruisgebeure. Die donkie waarmee Jesus in Jerusalem ingery het, die silwer muntstukke waarvoor Judas Hom “uitverkoop” het, die nagmaal wat Jesus ingestel het, die biddende hande, die kruis, Doringkroon, sweep, dobbelsteen, spies, linne kleed, steen wat voor die graf was en dan die leë graf…. dit is doodstil in die saal. Almal hou asem op elke keer wanneer ek ‘n volgende eier optel en so probeer ons Paasfees verduidelik maar ook spesiaal maak.


Lees nog getuienisse hier.


Hoop in ‘n onsekere tyd, hoop te midde van alles. Ek probeer vir hulle vertel dat daar ‘n doel is waarom elkeen van ons vandag en in hierdie tyd saam hier ingeperk is, en dat ek glo, ons eendag sal weet wat die Here se doel hiermee was, maar selfs al weet ons nooit, besef ek opnuut dat niks gebeur sommer maar net nie.

Miskien verstaan ons almal nou opnuut waaroor Paasfees gaan en leef ons weer  met die wete dat Jesus Christus leef , Hy het die dood oorwin.

Hoe ongelooflik bevoorreg is ons nie om in hierdie tyd , hier tussen hierdie kinders en personeel te woon nie.

Aan God al die Eer.

Lees ook: Wat moet my kleuter van Covid-19 verstaan?

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF