Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Hulp is nader as wat ons dink; ons moet net besef die krag lê in ons,’ sê ATKV-bestuurder

“Dis tipies mens: Daar moet eers iets gebeur voordat jy tot jou sinne kom.”

Vir Schalk Cilliers, besturende direkteur van ATKV Sake, was die Covid-19-pandemie die groot keerpunt in sy lewe.

“Ons moes mense afdank … Dis nie iets waarmee jy in die oggend opstaan en dit dan net doen nie. Dit is iets wat jou vriende se lewe raak, dit raak personeellede waarmee jy al ’n baie lang pad stap. Jy weet presies hoe dit in daardie huishoudings gaan.

“Hoewel ek nog altyd gelowig was, het dié dinge my geruk en weer laat besef ek kan dit nie alleen doen nie. Jy moet Iemand hê wat die pad saam met jou aandurf.

LEES OOK: ‘Soek My deur die chaos, sê God vir my in ’n droom’

“En ek het opnuut gaan kyk na wie en wat ék is. Dit was ’n taamlike draai in my lewe.”

‘Die Here is hier’

Schalk vertel hoe hul gemeente, die NG gemeente Fountainebleau, soos die meeste kerke in Suid-Afrika in dié tyd, met ’n aanlyn bediening begin het. Hulle het met die tema “Geloofsreis” afgeskop en ’n spesiale program begin volg wat deur ds Gys van Schoor ontwikkel is. Gys wou dié reis met ander deel nadat hy self ’n woestyntyd deurgemaak en daarna selfondersoek gedoen het – as mens én as leraar. Daarna het hy ’n program ontwikkel wat hy nou met ander gelowiges deel.

Die doel van dié geloofsreis is om jouself weer te ontdek, verduidelik Schalk. “Dit is ’n deurlopende proses van herontdekking, waarin jy ook jou gawes ontdek, en uiteindelik kyk hoe jy in ’n verwonde gemeenskap kan heelmaak of verandering bring.

“God wil nie hê ons moet alleen swaarkry nie; Hy wil hê ons moet by sy voete gaan sit. Hy stuur ons ook om te gaan help waar ander swaarkry.”

Dié geloofsreis, waarop Schalk hom steeds bevind, het hom geïnspireer om hierdie program met die gaste by verskillende ATKV-oorde te deel. Hy is ook daarvan oortuig dat “kerk” toenemend nie slegs in ’n gebou plaasvind nie, en dat gelowiges oopkop daaroor moet wees. “En waar is ‘kerk’ beter as in die natuur?”

Vroeg in 2023 kan gaste by Goudini Spa in die Boland met hul reis begin. Ds Gys van Schoor sal die fasilitering behartig. Later in die jaar word die program ook by Buffelspoort in die Magaliesberg aangebied.

Schalk sê: “Die Here is hier, Hy is by ons. Hy is die hele dag saam met ons. Ons besef dit nie altyd nie. Ons moet Hom net in ons private ruimte aanvaar. Ons wil altyd dinge op ons eentjie doen, maar die hulp is nader as wat ons dink.

“As ons net eers besef die krag lê in ons om, in die Here se Naam, die regte besluite te kan neem. Om die regte benadering te volg met die mense om ons. Om te probeer verstaan waarom tree mense op soos wat hulle optree.”

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF